Hi almal!
Jammer - ek was 2 weke laas hier, maar dit gaan doller as DOL by die werk. Dit is mos maar altyd so hierdie tyd van die jaar, maar dit is asof ek net stadiger, meer vergeetagtiger en minder gemotiveerd is vir werk as vorige jare. Ek skryf dit maar toe aan die swangerskaps hormone en die hitte. Dit gaan egter baie goed met my. Ons was vir die anatomie skandering gewees gister en alles lyk pragtig. Ons baba'tjie weeg nou 580 gram en het met die naelstring gespeel tydens die 4D skandering. So cute.
Ek was so effe geworry. Die gesiggie foto van die 4D wys die kleinding met 'n tamaai groot bo-lippie...en so 'n half afgeskeepte onderlippie. Maar die dokter het net gelag toe ek bekommerd daarna verneem. Blykbaar lyk dit maar so aan die begin. Lyk kompleet soos 'n overbite. Ek sit en loer nou hoeka daarna en wonder of dit okay is. !??
Lynkie:
Ek is so jammer! Ek het so hard gehoop en gebid vir jou en is hartseer dat julle 2de IVF ook onsuksesvol was. Ek hoop nie jy gaan moed opgee nie?
Ek sukkel bietjie om deur 2 weke se bladsye te werk....wil darem net gou se -
BLOMMIE: Geluk met die mooie scan! Geniet dit!
Snoekie: Jy lyk so mooi!
Hallo aan al die ander. Jammer ek doen nie meer personals nie, maar ek sukkel om alles te onthou.