Hallo Dames,
Debs,
Baie Welkom by ons groepie. Hier sal jy altyd raad, verstaan, 'n skouer en totale aanvaarding ontvang! Die girls op die forum het my al deur BAIE donker tye gedra, en al ken ek nie almal se gesiggies nie, is elkeen van hulle baie na aan my hart en sou ek die vriendinne vir niks in die wereld verruil nie!
Ek is in die Pretoria area. En ek is nou by Wilgers met my swangerskap. Ek het vreeslik baie op gelees oor die hospitale en dokters in die area. Beide Kloof en Wilgers is baie goeie hospitale. die enigste hospitaal waaroor ek iets negatief kon kry is Pretoria Oos. Hulle het hofsake teen hospitaal se ondersteunende personeel en ook teen van die dokters. Ek kon niks teen Wilgers kry nie. Ek het skrik gehad met my swangerskap op 26 weke met bloeding, en ek was baie beiindruk met hoe hulle die situasie hanteer het. Ongelukig ken ek nie die FS'e (fertiliteits Spesialiste) in die area nie, aangesien my FS in die Kaap is, Ons het die kant toe getrek net voor ek swanger geraak het, met my laaste siklus behandeling.
Zettie,
Ek hoop regtig dat jy net te vroeg getoets het!
Blommie,
Sterkte met daai MS. Mag dit sommer gou oorwaai!
MMCC,
Dit is goeie idee om so nou en dan net breuk te vat en net jouself weer bymekaar te kry! Want soos ons almal weet, die pad is nie vir Sussies nie!
Strikkie,
Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.
Hopeful,
Een van die daggies is jy en ML lekker by die see... Dan kan julle lekker ontspan en kwaliteit saam spandeer na 'n baie rowwe jaar. En ek glo ook dat 2013 GROOT dinge, of eintlik 'n klein dingetjie vir julle inhou! Sterkte vir die laaste paas daggies se werk!
AFM,
Ek is more 34 weke. En sien die dokter weer Donderdag. Dan sal ons sien hoe dit met ons kleine piekanien gaan.
Dink die kleine karnallie le 'n senuwee vas, want my een been is baie seer en effens lam. Maar anders as dit en die kort van asem wees het ek nie enige klagtes nie. Ek is nou net al BAIE opgewonde om die kleine mensie vas te hou... Maar ek weet ook nou al dat ek my magie en die beweging gaan mis!
Hoop julle almal het 'n wonderlike daggie verder!