Hi almal
Dankie vir al julle omgee en ondersteuning...maar ek is regtig OK vandag

Ek het net besluit ek het soveel om voor dankbaar te wees, natuurlik dink ek aan wat gebeur het, maar ek gaan nie myself negatief of depressief maak of dink nie! Het anyway te veel ander goed om oor te worry
Slakkie...regtig baie jammer om te hoor van jou ma....my pa is ook net so skielik weg aan 'n hartaanval...dat dit nou, 6mde later nogsteeds baie onwerklik voel. Ek dink nie ek het al getreur nie?? Ek weet nie hoe nie...huil, kwaad wees, down...?? Ek laat myself maar net toe om gevoelens te voel as ek iets voel...
Stywe drukkie vir jou!!!
Ankia....sit sussa nog lekker knus in jou magie??
Ek het gisteraand so vinnig met Ella gesels, sy het gese sy kan nie inlog op Moomie daar waar sy nou werk, maar stuur groete vir almal. Hulle spaar nou weer vir 'n volgende rondte IVF, sal dit seker so einde van die jaar weer doen.
Strikkie....YEEEEHAAA op daai goeie nuus

Ek glo sodra jy uit daai hospitaal kom gaan dit net 'n kwessie wees van 1 2 3 of

en die ogies gaan sit!!!!
Jayden raak nou te vinnig groot

Dring daarop aan om sy eie pap en broodjie te maak, en vanoggend word ek gese "mamma jy gaan net daar by die hek staan, ek gaan wag vir my bussie, dan se jy vir my baai." Ek moes toe binne die yard staan en wag, terwyl hy voor by die pad wag, ek mag nie by die hek uitgekom het nie.....Ek is so trots op hom, hy raak so selfstandig en verantwoordelik...maar ai....maak maar 'n moederhart hartseer!!!