× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 week ago #206650 by klippie
Dankie girls. DH is so 'n mamma-se-seuntjie. Ek moet alles doen soos MIL dit vir hom gedoen het - hy dink dis die enigste regte manier. MIL maak my so kwaad ek wil in my broek bol
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206645 by Cornel
Klippie

Kombuisvadoeke gooi ek sommer so 2 keer 'n week in die wasmasjien......die lappies is die oc se verantwoordelikheid omrede sy die skottelgoed was.

Badhanddoeke ~ (ek het nog min handdoeke) so ek was maar so 2 keer 'n week en dan het ek 'n donkerhanddoek vir as AF teenwoordig is.

Bedlinne ~ Ek was een keer 'n week.....mens is mos skoon as jy in die bed klim.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206644 by Goggatjies
Klippie

Nee wat, ek ruil dit ook nie elke dag nie
Vadoeke as hulle baie nat is, maar ook 2 keer per week.
Handoeke, hang ek op en laat hulle weer droog word, en hulle word seker een keer per week gewas, maar as hulle baie nat is dan gooi ek hulle sommer in die was

Bedlinne - dit word omtrent 1 keer in 2/3 weke gewas

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206642 by Goggatjies
Goeie More

Sexy - Vriendin, jy is in my gebede vandag, kry sommer hoendervleis as ek daaraan dink. Sterkte

Feetjie - wow, sterkte vir jou vriendin. Ek sal ook nie weet wat om te se nie.

Linda, gaan jou vinnig gou-gou vertel van BBT.
Van die eerste dag van Af, neem jy jou temp elke oggend dieselfde tyd, nog voordat jy enige iets gedoen het.
Jy stel jou wekker as die wekker afgaan neem jy jou temp. Moenie eers praat met DH nie
Wanneer jy klaar ge-ovuleer het sal jou temp styg - dit vat 'n nice dip op die dag van ovulasie. So met BBT is dit moeilik om uit tefigure wanneer jy gaan ovuleer, dit vertel jou eers na die tyd wanneer jy ge-ovuleer het.
Dan moet jou temps hoog bly om swanger te wees, maar wanneer jy nie swanger is nie, sal jou temps weer drop en dan sal af begin.
Die secret is om elke dag op dieselfde tyd jou temps te vat.

Gaan nog verder goed met my, nog net 2 daggies oor van werk - whoohoo

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206639 by klippie
More dames!

Hexy, ek dink vandag aan jou en jou 2 engeltjies :heart:

Ankia, hoop sussa hou nog 2 dae uit! :woohoo:

Dames, hoe gereeld ruil julle die volgende:
1 Kombuisvadoek en lappies
2 Badhandoeke
3 Bedlinne?
Ek het groot fight met DH gehad - hy sê dit nie in soveel woorde nie, maar ek kry die idee hy dink ek is vuil - ek ruil my vadoeke 2 keer per week Dinsdae en Vrydae en badhandoeke 1 keer per week Saterdae (mens is mos skoon as jy jou afdroog). Nou het hy MIL ingesleep :evil: en sy het hoogwaardig laat val sy ruil vadoeke elke dag? Dink julle ook ek is gross? :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206632 by Cornel
Goeie more almal!

Hexy ~ vandag dink ek aan jou.......baie sterkte vriendin!

Wie van julle het moomie op julle selfone (blackberry)? Werk dit maklik?

lekker dag!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206616 by Blommie
More almal.

Baie dankie vir jou raad and advies. Kan iemand dalk vir my se hoe die BBT charting werk. Ek weet nie wanneer om te begin toets vir ovulasie nie aangesien AF nie die maand vir my kom kuier het nie. Ek is ook nie meer seker of ek wel geovuleer het nie.

Weet een van julle dalk van iets wat ek kan probeer drink? En dink ek moet bietjie 'n gesond eet plan ook inpas om bietjie die winter vet af te kry. Weet net nie waar om te kyk nie want was nog nooit op so iets nie.

lekker daggie aan al julle oulike dames

[link=http://lilypie.com] [/link]
File Attachment:

[link=http://daisypath.com] [/link]
File Attachment:

My Ovulation Chart


File Attachment:



[link=http://lilypie.com] [/link]

ttc since: Jan 2011
June 2011 - December 2011: Progesteroon behandeling
Jan 2012 - June 2012 - Clomid 100g
June 2012: ML SA toets alles reg
Aug 2012 - Lap - Alles skoon
Sep 2012 BFP 13dpo
Sep 2012 - Miskraam
Oct 2012 - BFP 13dpo

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account