Hallo dames,
Wow maar ek het lanklaas met julle mooi mensies gechat, ek lees nog elke dag almal se updates, maar kry net bitter min kans om te chat!
Blommie -

Baie baie geluk met die swangerskap, dis wonderlike nuus!
Zarah - Hou net moed, krampe is nie altyd n slegte teken nie, ek bid vir jou vir n BFP!
Betti - Baie welkom by die groepie, hoop jy sal sommer vinnig antwoorde kry.
Ruby -

Dit is awesome, baie geluk met die dogtertjie, het julle al besluit op n naam?
Al die ander girls, HALLOOOOO en sterkte vir die wat nog op die TTC pad is, julle is nog altyd in my gebede, en soos Ruby se, daar is altyd hoop!
AFM - Ek is vandag 23 weke en voel baie goed, ons verwag ook n dogtertjie en haar naam is Milan, ek is vreeslik baie opgewonde en kan nie meer wag nie. My BS is die 24 Nov, dit gaan so lekker wees, alhoewel sy alklaar baie bederf word! Ek kan nie glo die tyd gaan so gou verby nie, volgende week is dit al 6 maande, ons sien die DR weer die 19 de en dan eers weer in Jan

Gelukkig die vakansie hoef ek nie skuldig te voel oor my gewig nie

maar ek sien baie uit daarna om my boep vir almal te wys! Ek sal volgende week op 24 weke vir julle n boepie foto kom post!
Lekker daggie verder!