Hellooooaaaa - weer n moewiese hello van my kant af!!!
Hoop almal het n lekker Moedersdag gehad - selfs al is jy n honde- of kat- mamma, jy is n mamma ONTHOU!!
Hexy - baie geluk met jou b-day!!
Ella - man o man ek hou duime vir jou!!Miskien is dit net n te vroeg toets, maar darem het jy die regte attitude!STERKTE!!!
Cornel - as julle nou weer in SA is vat skoonma na DR Gillesen in LTX - hy is fantasties en het my skoonma met haar siekte na ek dink so iets soos 5maande gekry om weer pille te drink!!!!!!
Ankies - so bly dis nog n ou dogtertjie! En pragtige name vir haar!!!!!
Hellooooo almal anders - skuus ek groet net vinnig
Gou n update - my man het werk gekry!!!!!!!!!!!
Hy kry nou n basiese salaris van 3x meer as by sy pa plus komissie op verkope!!!!!
Dan het ek nog elke dag n onderhoud by n ander plek...sjoe!
Maar dinge begin nou tot n punt beweeg en het ek nou 4 baie goeie moontlikhede - een in JHB self, een in Sandton, een in Germiston area en een in Alberton area - so hopelik is ek binnekort weer employed...
Ai ek mis dit om te chat saam julle!!!Hopelik binnekort is dinge terug na normaal!!!
LIEFIES vir almal van julle!!!!!!