× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 4 months ago #180360 by Cornel
More almal!

Ella ~ Jammer oor die simpel negatief! Aanhouer wen pop! Liewe Jesus weet van hoe,waar en wanneer! Baie sterkte vir jou!

Hexy ~ Baie baie geluk met jou B-DAY! Hoop jy het 'n wonderlike dag en 'n geseende jaar!

Ankies ~ So bly dit gaan so goed met jou en sussie!

BAIE BAIE GELUKKIGE MOEDERSDAG AAN ELKEEN VAN JULLE (al is ek bietjie laat)!!!!!!!!

Lekker dag!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180359 by Goggatjies
Die tweede scan is van haar voet 3.5 cm en dan net haar hele lyfie
lengte van kop na boude is omtrent 15cm
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180357 by Goggatjies
Goeie More

Ella - Baie jammer oor die negatief - ek dink verskriklik aan jou.
Sexy - baie geluk met jou verjaarsdag

My scan was baie goed, dit was die groot scan wat hulle alles mooi beloer, daar is 4 hartkamers, maag, niere, blaas, sy kyk na die brein.
Sy het ook seker gemaak dit is nog 'n ou dogtertjie.
Sy le koppie af, maar dit kan nog verander
Hartklop 154 bpm
Lengte +/- 20 cm
gewig 440 gram

Eerste scan is van die rug
En die een langs hom is van die boudjies af na die voete toe
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180315 by ella~bella
Hallo almal!

Net 'n update... het gister getoets en toets was weer negatief. Ek is fine, dis maar een van daai dinge, ons moet net aanhou probeer.

Ek en ML het gister gesels en ons gaan Junie weer probeer. Dis al wat 'n mens kan doen.

Hexy, baie geluk met jou verjaarsdag! Geniet elke oomblik!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180295 by sexy~hexy
More almal

Hoop julle almal het 'n baie lekker naweek, asook moedersdag gehad :) Of dit nou as 'n mamma was of een saam met jou moeder, hoop die dag was regtig spesiaal. Manlief het gewerk, so was maar daar by my ma, het 'n vleisie gebraai.

Driekie...bly om van jou te hoor :) :) Bly jy is nog so positief en dat dinge begin gebeur vir julle. Hou net aansoek doen, vir alles waarvoor julle kan, met so 'n attitude sal jy en jou DH gou werk he!!! Maak my skoon jaloers dat jy nou 'n Gautenger is, ek wil ook lekker saam met julle almal kuier :D

Ankia...hoe laat is jou scan? Jy moet weer fotos kom post!!

Ok...nie veel nuus aan my kant nie...op cd29 vandag. Wag nog in spanning om te sien wat gebeur...nothing to report.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180129 by Driekie
Oke....HELSE REUSE HALLOOOOOO almal!!!!!

Goeie dinges maar trek is nie vir sissies nie - veral nie met twee kids in tow nie!!!!!!
En dat jy soveel crap in jou huis kan he - GENAAAAADE!!!!


So ons is nou officially Jo'burgers..Ons het by my ouers ingetrek en ons almal gaan nou vir n ruk saambly tot hulle flat klaar gebou is en dan vat ons die huis oor as hulle huurders (ons huurgeld word vir die eerste ruk gebruik om die huis volgens ons keuse mooi te maak ens)...oke that sorted

My h/k is helemal vol en daar kan n posisie oopgaan in 2weke of 2jaar en toe se ek wel ek kan nie my kids los nie en sal dus moet bedank en dis hoekom ons ook by my ouers eerder ingetrek het...nou ja toe kom die baas terug na my toe en hulle betaal my my 15dae salaris plus nog n maand salaris, al my verlofgelde en bonus gelde ens uit en ek hoef nie kennis te gewerk het nie...plus hulle het my kontak-details gevat sodat ek kan teruggaan wanner daar n plek oopgaan..


Nou jaa ek was vir 5onderhoude die week...2 het ek nie gekry nie..wag vir een en gaan Maandag vir n rondte 2onderhoud by n co in Sandton en dan die ene by die recruiters van vandag gan nou vir my reel vir die fisiese onderhoud vir die pos in Centurion waarvoor hulle my aanbeveel..en hulle gan vir nog n paar ander uitkyk vir my asook vir my man...

En dan het my man UITEINDELIK ook begin hoor van onderhoude...hy gan Maandag vir sy eerste ene!!!!Asseblief julle moet nog help uitkyk en saambid ens SEBLIEF!

Gelukkig het ons spaargeld wat nog oor is tot ons werk het!

O jaaa en dan sodra ons werk het ek plek vir my kids gekry..Markus by n kleuterskool en dan vir Eoin by n dagmoeder...albei loop-afstand van ons huis en dit gan my maar R1800-00 per maand kos vir die 2tjies op voldag basis!Ek het baaaaaie meer verwag want die kleuterskool veral is VERSKRIKLIK goed en bestaan al jaaaaaaare (my sussie was daar toe sy klein was)...

Dankie baie Ankies dat jy almal update..waardeer dit baie!!!

Nou jaa ek wou net kom heellooooo se vir almal...sodra ek weer werk moet ons onmiddelik n kuier reel want nou's ek nie meer 3ure se ry weg nie!!!!

Goed gan met almal en ek hoop om binnekort weer connected te wees dat ek weer kan kom inloer!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 4 months ago #180079 by Goggatjies
Ek gaan nou groet
Lekker aand en lekker naweek
Sal kom post sodra ek van die scan af is

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account