× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 5 days ago #229582 by zettie
Hallo julle wonderlike mensies.

Ek wil net baie dankie sê aan elkeen van julle vir die boodskappies en ondersteuning ek het elke boodskap gelees en wardeur dit regtig baie sonder julle sou ek nou al in die malhuis gewees het verseker.

More sal dit `n week wees wat Leo `n engeltjie is en dit gaan maar nog swaar maar elke dag `n bietjie beter. Ek proebeer myself maar besighou want as ek niks doen verloor ek myself in my gedagtes en vrae.

My plan van aksie is soos volg ek gaan `n 6 maande breuk vat en kyk of ek gewig kan verloor en dan sal ek weer op die wae klim. Ek en manlief het `n breuk nodig en gaan bietjie aan ons verhouding werk en ons verhouding met God ons het dit nodig.

Van more oggend af gaan ons elke oggend stap want die weer hier is nou lekker sonnig en gaan ons mooi eet so ek wil kyk of ek 20 kilos in 6 maande kan verloor en dan sal ons weer proebeer swanger raak.

Weereens baie dankie vir almal hier soos Snoekie sê my vriendinne hier is eintlik nader aan my hart as vriendinne in vlees. hier kan ek my hart uit praat sonder dat iemand oordeel en almal hier verstaan hoe mens voel en mens se omstandighede. Ek is bitter lief vir my ander vriendinne maar dit is net nie die selfde om met hulle oor hierdie sake tepraat nie hulle geeom en is bitter lief vir my maar ja dit is moeilik om mens teverstaan in hierdie omstandighede sonder dat jy self sukkel om swanger teraak om `n verlies gely het.

Vreeslik lief vir julle, ek gaan nie verdwyn nie sal nog gereeld kom gesels en sterkte aan al die Mammas pas julle self ekstra mooi op.

XXXX

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 5 days ago #229580 by Snoekie
More Julle,
Jooste en Klippie.
Ek dink ons almal voel so op die oomblik... Daar is nie woorde nie.
En vandat ek haar post gelees het dink ek nog heeltyd aan haar en waardeur hulle as gesin nou gaan. en soos julle se al wat ons kan doen is om te bid vir vertroosting.
Al ken ons nie almal van aangesig tot aangesig nie, bele ons so baie in mekaar se lief en leed, dat mens nie anders kan as om deur dit geruk te word nie. Want in werklikheid ken ons mekaar beter as sommige mense rondom ons.

Klippie,
Dit is altyd goed om van jou te hoor!
Hoe gaan dit met jou?

Aan al die ander dames. Hoop julle het 'n goeie dag wat voorle.

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 5 days ago #229577 by joo~ste
Klippie!!!!!
Ek het jou so baie gemis! Bly jy is nog hier rond. Hoop jy kan bietjie meer gesels met ons...ag toe...asb!

Ja..Zettie se groot hartseer is iets waaraan ek elke dag dink vandat sy gepost het. Ek kom loer gereeld in om te sien of sy nie dalk gepost het nie. Ek wil haar so graag bystaan, maar ek is verbyster deur dit wat gebeur het en my hart is so seer vir haar. Ek wens daar was meer wat ek (ons) kon doen vir haar op die oomblik. Maar ook weet ek dat NIKS wat enige iemand doen dit nou vir haar makliker gaan maak nie. Ek bid maar net dat sy vertroosting ervaar in hierdie tyd wat alle verstand sal te bowe gaan.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 6 days ago #229556 by klippie
Hallo dames! Ek is nog in die rondte en dink baie aan julle elkeen.

Ek wou nog vir elkeen 'n boodskappie doen, maar ek is so oorweldig deur Zettie se slegte nuus.

Zettie, ek het nie woorde van vertroosting vir jou nie, ek huil maar net saam met jou. Wat met julle gebeur het is net onhanteerbaar hartseer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 6 days ago #229554 by joo~ste
Zarah
Wel - dit is weer 'n bewys dat spotting wat ophou na lap direk verband kan hou met ENDO...of (soos in my geval het my eerste LAP se groot mioom wat hulle verwyder ook daarmee verband gehou)

OF...as die spotting na die ENDO verwyder is nogsteeds nie ophou ...dan is die volgende logiese gevolgtrekking te min progesteroon.

Ek is so bly jy kry antwoorde op jou situasie!!!! Ek is doodseker dit gaan jou nader bring aan 'n BFP!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 6 days ago #229553 by Zarah
Hi

Met my laaste LAP in Julie het ek my AF op die regte tyd gekry en my siklus was nog 100% na dit. My eerste 2 AF's was nog eina maar met die laaste AF was dit al reeds beter.

Jooste, ek wou jou nog se, my spotting het nie opgehou na LAP nie. Dit het van ovulasie dag af begin. FS het cyclogest voorgeskryf en dit help met die spotting. Ek hoop dit help my om n BFP te kry :(

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 6 days ago #229549 by joo~ste
Lalie
Ek was vir 2 LAP's en het elke keer op dieselfde tyd weer AF gekry. Het elke keer LAP gehad tussen CD4-CD10.

Blommie
Ek hoop jy kry daardie +OPK!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account