Hello al julle wonderlike girls
Ek het net nou n lang reply getik en nou is hy weg.... grrrr
Aletta ek praat onder korreksie, maar so ver ek weet groei eiertjie vinniger as ander. Ek ht eers op CD18 geovuleer die maand toe ek swanger was, al hoe mens rerig gaan weet of die eires "mature" is is met n sonar. Wou jou add op facebook maar eks nie seker watter een is jy nie??
Carnel welkom terug... die jaar gaan so vinnig verby as jy weer jou oe uitvee is jy besig om al julle goedtjies daar op te pak en oppad terug SA toe.
Hexy bly jy doen so geod op fertomid, ek het ook geen symptome gehad nie, behalwe baie erg O pyne (maar kan ook wees dat ek nie gewoond was aan enige tipe O pyne nie) sterkte met die BD marathon.... onthou resep vir dogtertjie is BD voor O dan as daai eier release wag daai dogtertjie sperm al daar. Moenie dag van O BD nie!
Ansa jy kan nou rerig die dae begin aftel.
Ankia hoe gaan dit met jou en klein ankia hahaha. besef nou eers jys verby die gevaarlikste deel so baie geluk!!
Julle Carli het die naweek so paar tree op n slag begin gee.... so opgewonde maar so hartseer dat sy so vinnig groot word! My ma het haar weer vreeslik bederf die naweek, sy het nou n hele klerekas vol winter klere en meer speelgoed as waarmee sy kan speel.