Ek weet, nog net 'n paar daggies, om die waarheid te se is ek opgewonde maar 'n bietjie bang ook, dinge raak nou al hoe meer 'n werklikheid. Die kraam gedeelte is nog 'n bietjie vreesaanjaend vir my, maar as honderde ander mense dit kan doen, kan ek ook. Ek het 'n hele klomp van julle se nrs, so julle kan maar kom post vir die res wat ek nie het nie.
Ella, ek sien Morgs het jou klaar geantwoord, maar my downs was op 12 weke gedoen, my dr het die nek velletjie gemeet en neusie gecheck en ek moes direk daarna bloed gaan trek dan meet hulle die bloed en die afmetings saam op. PS: Dr het gese as baba baie besig is, is dit 'n goeie teken dat daar nie downs is nie.
Klippie, ek sien uit na jou oproep....

Ek onthou nou van jou vakansie, geniet dit hoor.
Klippie en Slakster, ek sien uit na jul IUI/IVF, dis om die draai. Maar Ella jy is dan natuurlik eerste - ek hou styf duim vas vir julle al drie.
Hexy, yay !!! Baie Baie Sterkte !! Nou begin ons om die tyd af te tel vir 'n toets. Lanklaas 'n toetsie hier gehad.
Ek onthou iemand was op fertomid / clomid die laaste keer wat ek hier was, maar kan net nie onthou wie nie en dit was iemand redelik nuut. As ek reg onthou het sy 'n seuntjie, enige goeie nuus ?