× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #148349 by sexy~hexy
Karin, die medies betaal die afspraak, dis maar die petrolgeld wat nou bietjie sal knyp, Kby is 300km ver...my afspraak is nou vir 28 Jan 15h00. Ek kon 'n afspraak kry vir 08h30...toe weet ek nie watter een om te vat, die een vroeg in die oggend of later in die middag nie :blink: Want as ons gaan oorslaap is die later een dalk beter, dan kan mens nog die oggend gaan shop en eet en as ek klaar by die sonar was, dan net rustig verder wees die res van die dag.

Ankia...sjoe dit is baie goeie nuus hoor :woohoo:

Karin hehehehe sorg maar dat jou tassies gepak is...always expect the unexpected :D

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148345 by Slakkie
Sorry ek gaan so aan en aan oor die IUI julle maar ek maak myself mal want nou dink ek dat ek te min ovidrel het so nou gaan ek nie more betyds ovuleer nie want ek het van die flippen goed gemors maar dis daai donnerse air bubble in die spuit en toe ek stadig die blerrie spuit druk om die air bubble uit te kry toe sit my naald nie mooi styf nie en kom van die blerrie meds uit. Ek hoop maar nou net vir die beste.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148339 by joo~ste
More almal!
Hexy: Ek kan onthou dat iemand op die ander forum op 'n stadium ook gekla het van hoofpyn terwyl sy soy gebruik het. So...dit kan dalk die soy wees wat jou hoofpyn gee.

Cornel: Ek sal bietjie gaan loer na jou bybelstudie groep. Ek glo dit kan ons net almal help om te weet waar on Krag vandaan kom.

Slakkie: Sterkte jong!!! Jou tyd raak al hoe nader en nader vir daardie BFP.

Sjoe..ja die reen hou ook nie hier by ons op nie. Dit is kommerwekkend vir die mense wat langs die riviere woon en wat plase en wingerende en dinge het. Australia loop ook darem erg deur. Klink vir my soos daardie tye waarvan hulle in die Bybel praat...(sonder om nou dramaties te probeer wees).

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148333 by Goggatjies
Goeie More

Hex, jy kan newe effekte kry, en dit is hoekom dit beter is om in die aand te drink, dit is die natturlike van clomid, so dit kan jou hoofpyn gee en moody maak.
Hoop jy voel gou beter

Ai Ella, al die reen

Cornel, ek sal nou daar gaan lees

Karin, jy moenie so stress nie, nie goed vir jou nie

Slakster ek is seker 2 druppels gaan nie saak maak nie

Cornel, jy kan Joli se posts gaan lees on Pregnancy en birth, die opskrif is Urgent, waters leaking

Ek voel nog goed, net bietjie honger vanoggend, maar ek het gou-gou iets ge-eet so nou voel ek weer beter.

Julle ek is so opgewonde, my man behoort 15 % verhoging te kry teen die einde van die maand, whoo hoo, dit gaan great wees.

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148319 by Cornel
Goeie more dames!

Hier is dit sommer weer van vroeg af bewolk... B)

Ai Hexy hoop jy het darem 'n pilletjie wat jy kan drink vir daai aaklige kopseer....... :S

Wat het met Joli en baba gebeur? Waar kan ek gaan lees?

Ek het vanoggend 'n mooi stukkie by die Bybelstudiegroepie gepost,julle is MEER as welkom om dit te gaan lees.

Lekker dag vir julle almal! :kiss:

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148316 by KarinM
More julle,

Slakkie - :) :) :) Dis so exciting!! Hou baie styf duime vas vir julle.

Hexy - hoop daai hoofpyn voel beter al. Mag daai sonar datum nie te ver geskuif word nie! Maar soos jy se... dis dalk all in the timing!

Ek is nogsteeds in effe skok oor Joli ... dit was so onverwags en ek dink ek stress so vir myself nou omdat ek ook my derde kind verwag nou. Bid dat sy en bambino albei fine sal wees.

Lekker daggie vir almal!

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148310 by ella~bella
More girls!

Hie hie Slakkie! 2 druppeltjies gaan nie saak maak nie! Ek het actually my inspuiting amper 40 minute vroeer gedoen as wat ek moes. Ek kon net nie meer my oe oop hou nie! En ek het 14 eierselletjies gehad wat hulle retrieve het, 12 het bevrug! So moenie stress nie. Enjou the journey! Wees dankbaar vir elke stap, want dit is elke stap nader aan jou bfp en jou baba!!! Dis so great!

Hexy, dis te cute van Jayden! Hulle het die snaakste se goedjies! Oor afspraak, moet jy daar kontant betaal, of kan jy dalk hoor of jy nie eers maand einde kan betaal nie?

Ek bel nou vandag FS om te hoor wat hy gedink het van my siklus. Sal julle kom update.

Dit het gisteraand so baie gereen dat ML die swembad moes back wash dat dit kan leeg raak, want die water was level met die grond. Dis baie vreemd die baie reen, maar nou ja.

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account