× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #148562 by sexy~hexy
Geskryf deur iemand wat ek nie ken nie, maar girls kom ons kry hierdie nuwe uitkyk op die lewe

1. My boobs hang en klaar. Hulle gaan elke jaar nog paar sentimeters verder hang, ek gaan dit aanvaar! My vriendin in die Kaap het hare verloor, ek het soveel om voor dankbaar te wees! Ek kan hulle toedraai in mooi kant en rondloop asof ek ‘n godin is. Ek kan nie teen die aarde se swaartekrag baklei nie! So : boobs, I love you - no matter what you look like!

2. Julle ken seker die liedjie wat lui “my body is a wonderland ....”. Sy is! Ek het 3 kinders in hierdie lyfie gebore en let’s be honest, as ouderdom om die hoek loer kan jy nie verwag jy moet lyk soos op jou matriekafskeid nie. In plaas daarvan dat ek histeries gaan gil elke keer as ek myself sien in die spieel sonder ‘n draad klere aan gaan ek my liggaam lief kry, aanvaar en weet hoe spesiaal en gebless ek is om hangboude en love handles te hê! SELF ACCEPTANCE EN SELF LOVE is wat ek gaan doen en verkondig! EK gaan nie meer worry oor watter size nie, solank ek goed voel is dit reg!

3. GEEN meer gewone ordinere “mac & cheese” uit my kombuis nie. Antie Paarmans sal flou word! Ek gaan ongelooflike disse optower uit my kombuis, my man gaan nooit weer vir “take away’s” vra nie. As ek my voorskoot aangooi sal ek vir my ‘n glasie sauvignon blanc skink en skouspelagtige geregte opdis! Dit sal natuurlik my Woolworths rekening drasties verminder en my man sal nie meer hoef te sukkel met spysvertering nie. En as alles goed gaan bring ek ‘n resepteboek uit. Almal bring deesdae ‘n boek uit, hoekom kan ek nie?

4. Ek gaan begin GROEN lewe - al moet ek myself groen verf om in die mood te kom, sal ek! Moeder aarde het nodig dat ons haar beskerm vir ons kinders en die hele osoonlaag ding laat my senuweeagtig begin eet. So, ek gaan 100de dromme orals in die huis he vir poefdoeke, glasbottels, papier, ens! As dit nie se organic/ozone friendly of green is nie beland dit nie in my trollie nie. Behalwe Lindt chocolates, ek sal dit oorsien. EN Pongratz Rose. Dis gesond, word van druiwe gemaak!

5. Ek gaan POSITIEF praat, dink, soek, bêre, lewe. Ek gaan alle negatiewe dinge oor myself, mense, situasies, gebeure (dit sluit my man en kinders in) verander in positiwiteit! Ek gaan myself weghou van negatiewe mense, gebeure en dinge en as ek nie altyd kan nie, sluk ek net ‘n valium met wyn en wag tot die gevoel oorgaan. Ek gaan vir mense opregte komplimente gee, weg draai van lelike skinderstories, mooi in mense soek, as julle my sien gaan daar net een groot + op my voorkop staan!

6. Iemand het hierdie een geinspireer : Ek gaan TYD MAAK vir al die mense wat ek liefhet, al is dit 15 minute met ‘n koffie “to go”. Die sinnetjie “ek kry nie tyd nie” gaan ek uit my brein uit verban, verbrand, laat uit opereer, watookal dit vat, maar ek gaan tyd maak! Die lewe is so kort, ons kan nie bymekaar verbyleef nie! Siesa, dis ‘n skande! Ek gaan my selfoon op “silent” sit want my tyd met jou is baie meer as ‘n oproep!

7. Ek gaan gesond leef! Ek gaan nog harder oefen, ek gaan van tyd tot tyd probeer om te suig aan ‘n seldery stingel, want ek glo wat jy insit is wat jy uitkry (die hele idioom van ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees) en op die stadium kan ek ‘n nuwe versnit witwyn en bubbly kweek met my lewer!! Ek gaan liters en liters water opslurp dat ek actually aan die einde van die dag skoon mineraalwater piepie!

8. My home is going to be a happy place! My manne moet nooit die drumpel wil verlaat nie! Mense moet aangesteek word deur die stories wat my huis vertel, dit wat my mure uitstraal, die vertrekke wat gebless word deur God se teenwoordigheid! Ek wil mense moet smeek om te gaan, so lekker moet dit hier by my huis wees.

9. Ek gaan ME TIME inwerk vir myself elke liewe dag. Sodat ek minder in die swart gat is en in die lig lewe, daardeur kan ek dalk my depressie oorwin. Ek gaan ALLEEN toilet toe gaan, sonder ‘n skare, al moet ek barb wire span by my kamerdeur. Ek gaan genoeg tyd he om my hare mooi te blaas, my grimering keurig aan te sit en my lipstiffie op die regte plek te smeer!

10. GOD EERSTE - ALTYD! Ek gaan tyd maak vir stiltetyd hou, ek gaan aan die etenstafel huisgodsdiens hou, ek gaan vra dat God elke vertrek in my huis bless met Sy teenwoordigheid en dat Hy my sal verander dat almal deur my lewe kan sien ek is ‘n koninkrykskind!

Nou ja, ek sien dis toe nou 10 punte, sien, selfs my bietjie wiskunde tot in matriek laat my in die steek. Voeg by, haal uit, lag, huil, wat ookal jou pas van die mail. If we can “pay it forward”, kan jy begin dink hoe ongelooflik ons eie lewens sal wees en hoe ons ander lewens sal verryk!?
Attitudes are contagious. Are yours worth catching??

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148468 by sexy~hexy
Joli is in vir 'n keiser....ek hoop regtig als loop goed af.....

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148382 by Strik*kie
Hi almal

Slakkie, moenie dat ek met jou moet raas nie, ;) vat dit rustig en moenie worry oor 2 druppeltjies nie, jy gaan jou bfp kry :woohoo: ons 2e bfp vir 2011 woooopppiiieeeeeee!!!!!!!! Jaag daai duiwel van jou skouer af of sit 'n wattepluisie in daai oor waarin hy fluister, hy is nou net annoying soos die ou AF heks!!!!!

Ankia, dis darem perfect timing vir die verhoging!!!!

Hi Ella, Jooste, Hexy!!!!
Hexy, daai soy gaan nou begin werk klink dit my!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148373 by joo~ste
Slakkie!
Luister na Ella...ek dink sy weet waarvan sy praat. Ek sal net so paranoid soos jy daaroor wees en op die ou einde sal die ALLES onnodige stress wees wat sommer 'n nuttelose oefening is!

Geniet hierdie tyd...en dit is waar wat Ella se. Ek sou ook nou graag 'n IUI of so iets wou laat doen. Ek is ook nou moeg gewag. Ek hou vir jou styf duimvas!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148360 by ella~bella
Dis 'n groot plesier Slakkie! Gaan doen iets om jou mind daarvan af te vat...

Ankia, dis wonderlike nuus!!! 15 % is great!!! Elke bietjie (of baie!) help!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148359 by Slakkie
Ella jy is 'n wonderlike mens!!!!!!!!! Dankie!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148356 by ella~bella
Slakkie, moenie worry nie. Genuine, 2 druppels gaan nie saak maak nie. Trust my, ek het seker baie meer as dit gemors, maar ek is baie wreckless, so ek kom dit nie eers agter nie. Jou liggaam het nie geweet hy het presies 124 druppels nodig om op presies die tyd te ovuleer nie.

Ek moet 11 uur die aand spuit, dan die dag vir egg retrieval gaan al die girls dieselfde tyd in vir ER, maar ons word verskillende tye gedoen, sommige 2 ure uit mekaar. Jy ovuleer nie presies 36 uur to the tee nie. Ons liggame het nie daardie klokke ingebou nie. Dis give or take 'n uur of so.

Moet asb nie stress nie. Daar is baie van ons wat sal WENS om in jou posisie te kan wees, want oor 2 weke het jy jou BFP! Wees bly dat jy al so ver gekom het.

Alles sal goed gaan, glo en vertrou net. Jaag die onseker stemmetjies uit jou kop, dit doen jou nie goed nie.

Sterkte ou girl!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account