× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #148676 by ella~bella
Baie dankie vir die inligting Hexy! Dit help baie!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148665 by KarinM
Sjoe Hexy... daai stuk wat jy gepost het is so mooi, waar en treffend... Baie dankie.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148659 by sexy~hexy

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148646 by ella~bella
Hexy, ja dit worry my nie meer dat dit nie gebeur het nie, dit sal nog! Ek het met hom gepraat oor die intralipids, maar hy voel dit is regtig nie nodig nie. Dit is vir mense waar die NK cells (natural killer cells) hoog is, en hy waarborg my dit is nie so in my geval nie.

Ek gaan nou net rustig raak en voorberei vir April.

Ek sal bietjie by Anje hoor. Ek het eintlik geen idee wat dit is nie.

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148644 by Cornel
Middag dames!

Ek wil net graag ietsie met julle deel en veral met die van ons wat sooooooo SUKKEL! :huh:

Engel uit die Hemel

Ek het nie in 'n Christenhuis grootgeword nie,maar my ouma het wel vir my 'n Bybel gegee. Toe ek en my man al 14 jaar getroud was,was daar steeds geen kinders nie. En die Bybel van my oouma het op die rak bly le....tot eendag. Ek het van die ginekoloog af gekom nadat hy my aangeraai het om daarmee vrede te maak dat ek nooit kinders sal he nie.

Ek het huis toe gegaan en vir die Here gevra: "Kinders kry kinders en daar is soveel kinders in weeshuise. Hoekom het U my dan op hierdie aarde gesit?" Ek het gesit en 'n brief aan die Here begin skryf: "Here,ek wil net my engel uit die hemel bestel. Ek sal mooi na haar kyk,want ek weet U leen haar net vir my. Sy sal altyd vir my precious wees. Ek belowe om net die beste vir haar te gee. Sy moet lang hare he,haar pa se groen oe en sy moet lank wees." Ek het die brief toegevou en in die Bybel gebere. Tyd het verloop en ek het van die brief vergeet. Op 'n dag het ek onverklaarbaar siek begin voel. Die dokter se uitspraak was ongelooflik: Ek was sewe weke swanger!!!!!!!

Sien dames,daar is weer eens 'n bewys!!!!!!!! BY GOD IS NIKS ONMOONTLIK NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148627 by sexy~hexy
Ella :) Dit is regtig goeie nuus. Om te weet daar was niks anders fout nie, dat dit net nie julle tyd was nie. Het jy met hom gesels oor daardie medisyne, wat sal sorg dat die embrio heg aan die baarmoeder??

Ek dink amper Anje het 'n hysteroskopie gehad, dit is mos waar hulle ink in die buise spuit om te kyk of als skoon is? Ek dink 'n laparoskopie en hysteroskopie is baie na aanmekaar.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148609 by ella~bella
Hallo julle!

Kom nou net van die foon af met FS. Hy kan nie ophou praat oor hoe 'n uitstekende siklus ek gehad het nie. Hy se die rede hoekom ek nog nie swanger is nie, is iets buite die medici se hande en hulle het nie antwoorde nie.

Ons het bespreek om April definitief die FET te doen, maar hy stel voor ons doen 'n hysteroskopie voor die tyd. Hy voel eintlik nie dit is nodig nie, maar hy se aangesien ons dit nie gedoen het nie, kan ons net sowel nou. Ek het nie probleem daarmee nie. Wie van julle het al 'n hysteroskopie gehad? Was dit seer?

Ek voel baie meer positief oor April, en glo in my hart dat ons wel gaan swanger raak. Shame, hy se ook dat as ek nie swanger raak nie, sal niemand by die kliniek nie! Dis gerustellend. Gelukkig besef ek dit is net 'n kwessie van tyd.... God se tyd.

So ek kan maar my dingetjies begin reel vir Kaap toe gaan!!!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account