Hallooooooo! Terug by die werk vandag! Hoe gaan dit met almal - hoop 2011 is 'n great jaar hoor!
Ek het so vinnig opgevang - lyk my almal begin weer bietjie meer chat.
Eerstens aan Paisley die pionier - geluk met Rikus - hy is die cuteste ding op aarde! Kan nie wag om jou storie te hoor nie - wil weet hoekom hy so vroeg hier is!
Al die PF's: Anje, kan nie glo jy is al so ver nie! Die tyd vlieg darem! Great naam vir die dogtertjie - baie uniek! Ansa, baie skaars, maar ek weet darem jy't 'n seuna - geluk! Drixter, ek het jou paartie gemis, sorry man, ek was bietjie weg. Het ook nie geweet dis 'n shower vir jou nie, anders het ek 'n boodskap gestuur - niemand vertel my mos ook wat aangaan nie!!!! Beertjie - ook skaars - how goes? En die jongste fairy - Lalie Palie! Watter fairy is uitgelos?
Al die mammas: Tienks, G-Baby, Morgs, Nels (sorry het jou b-day gemis - baie geluk!). Julle kiddies is gorgeous verby! Wie is uitgelos? Ek weet ek mis iemand, maar kan nie onthou nie!
DAN: al die TTC maters - 2011 is ons groot jaar - Slakster, breek vir ons die ys met jou IUI en dan volg die res! Sterkte girla, ek fx al die pad vir jou. Strik - moenie moed opgee nie, maar jy MOET MOET MOET DH laat toets hierdie jaar. Dit is nie vir hulle lekker nie, maar dalk is dit iets kleins wat gefix kan word! Ankia - begin julle nou TTC hierdie maand? Cornel - ek lei af dat julle glad nie meer TTC nie tot julle terug is in SA? En dan Ella - hoe het die tweede IVF gegaan? Ek brand om te weet en het baie aan jou gedink! Sal op FB ook post!
Al die ander girls wat so weggeraak het - Mommy, Kriek, VB, Charlain.....what's up.
Ai, ek weet ek het seker iemand uitgelos - dis per ongeluk, so wees gegroet almal! Mwah