More julle!
Sjoe Tienka, jy't darem beautiful kids! En Coco is te dierbaar.
Ankia, geluk met Petrus se b-day, mag die res van die jaar vir julle mooi dinge inhou!

Ampertjies sulke tyd ne?
Hexy, dis 'n baie nice kar! Dis beslis 'n goeie kopie daai. Hoop die kar bring julle eindelose plesier en baie "roadtrips"!
Hehehe, ai Cornel, ek's bly AF het haar gesig kom wys, kan dink jy't begin stres!
Ja nee, ek is te kleinserig vir tattoo's. My sussie het 2, een op haar pols (sy kan nie onthou wat dit beteken nie, sy dink dis haar naam in Japanees

) en sy't die "5 stages of griefing" op haar buik laat aanbring, sulke groot vet letters. (Dit het gebeur toe haar boyfriend haar los). Toe ek haar vra wat as sy eendag swanger word en dalk 'n keiser moet kry, was die antwoord net "ek wil nie kinders he nie". Wel, min mense dink op 20 al aan kids ne? Good luck vir die dokters wat eendag miskien daai letters netjies weer moet opline, hahahaha!
Hexy, ons sal kan doen met lekker reen, dit voel of iemand vandag hel toe is en die deure soontoe oopgelos het, dis vreeslik!
Weet julle dalk van mense wat babakombersies brei of hekel? Ek soek sulke kombersies, maar ek het nou die dag een gesien van oor die R500, dis darem bietjie erg vir een kombersie.