Ai julle,

wens ek was nie so skaam nie. As ek probeer om nie skaam te wees nie, dan bloos ek in elkgeval bloedrooi en lyk sommer skuldig. Hehehe Cornel, DH is weer glad nie skaam nie. Hy het vir ons "astroglide" bestel, en sommer vir 'n kollega van ons gevra om dit op te tel in Worcester toe hy daar was. Ek het laasmaand mos HPT's gekoop, en natuurlik saam met dit 'n spul ander goed in die mandjie gesit wat ek tot vandag toe nog nie gebruik het nie. Toe ons by die till kom sal DH dit uithaal, dit voor my neus rondswaai en grapperig vra of daar iets is wat ek hom moet vertel. Nodeloos om te sê, daar was 'n lang ry mense. Sjoe, ek was soooo skaam. Maar hy weet nou baie goed om dit nooit weer te doen nie
DH wil nie hê ons moet vir mense vertel dat ons BD nie, hy wil dit geheim hou, maar tog blaker hy dit uit aan almal dat ek die "baba& kleuter" koop....ook aan ons baas se vrou wat lief is vir skinder. Sal hom tog nooit lekker verstaan nie. Hy't gelag toe ek die tydskrif koop, maar gisteraand vang ek hom waar hy dit sit en lees, ook maar lekker nuuskurig!
Happy happy Cornel! Jy sit mens darem nou so bietjie in 'n partytjie-bui.
Ai Strikkie, {{drukkies}} vir jou! Ek hou tog maar steeds duim vas!!
My (.)(.) is baie seer/gevoelig. AF het padgevat Sondag al, maar dit bly seer.