Hallo julle!
Ek hoop julle het 'n lekker Kersfees gehad saam met familie en vriende. Ons het natuurlik heeltemal te veel geeët, my maag pyn nog steeds!
Anje, Lianey is 'n verskriklike mooi naam, as jy die naam hoor, dan sien mens hierdie oulike, soet poplap voor jou. Pragtig!
Shame Ankia, dis darem tragies as die internet so lank af is! Dit voel mos of die wereld aangaan, net jy bly agter. Mens is darem so afhanklik deesdae sonder die simpel internet!
Hexy, ek is bly jy het toe op die ou end die funksie geniet, en toe boonop 'n hartsvriendin bygekry. Mens het dit nodig. Al my vriendinne is ook ver en so besig my hul eie dinge (of studeer, of kinders grootmaak, of trou), dat mens skoon tred verloor met hoe dit met mekaar gaan. Elke mens word met 'n rede oor jou pad gestuur, die nuwe vriendin is nou net wat jy dalk nodig het! Geniet dit! En lekker vakansie hou!
Ansa, ja, geluk met die klein bulletjie, wat 'n voorreg!
Hoop julle almal het 'n heerlike aandjie!
xx