× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 2 months ago #227137 by Hopeful
Midag almal,

Hoe gaan dit?

Hier gaan dit goed net besig by die werk :)

Ruby waar is jy? het jy toe getoets vanoggend dink al heel dag aan jou????????

Blommie hoe gaan dit met die gemoed? het AF toe opgeddag? Ek hoop so vir jou dat sy weg bly die maand :rock:

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227135 by joo~ste
Zarah
Ek is so bly as jy kans sien vir IVF na my storie. EK het regtig nie gedink dat ek met die eerste IVF...en met net 1 embrio'tjie sal kan swanger raak nie. En wraggies...kyk nou net!! :cheer:

Dit klink of jy weer jou ou self begin word na die operasie? Geniet die verjaarsdag!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227102 by Zarah
Hi dames

Ruby! Veels geluk met jou verjarsdag vir gister. Dis fantasties om van jou te hoor en jou getuienis is amazing! God se hand van genesing is getrou. EK het vir my man gese, God het nog nooit Sy beloftes gebreek nie en Hy gaan ook nie nou begin nie. Daar is ook vir my gebid voor my operasie en ek kan God se hand oor my voel. Die predikant het gebid en dankie gese vir ons dogtertjie. Dit was so "wow"! So nou fokus ek en manlief net op Onse Vader en is dankbaar vir al ons seenings! Ps. Piepie op daai stokkie!!

Hopeful, ag nee! Dis darem nie lekker nie. Maar vertrou dat God n beter plan het. Ons het ook voor hierdie huis n offer gemaak op n ander huis en dit het nie gewerk nie. En nou is ons die "regte"huis op die regte tyd. En sterkte met die wag vir die maatskaplike werkster. Ek het ook maar min geduld.

Jooste, jy is so n inspirasie vir my! Ek wil sommer more n bank lening maak en vir IVF gaan, maar ek weet ons moet wag op God. My opvolg afspraak is die 3de Sept by FS en dan sal ons besluit wat vlg.

Zettie, ek wil vir jou net weereens BAIE DANKIE se vir die verwyssing na Dr Slabbert. Hys amazing! Weet julle, hy het my man gebel toe ek in die recovery kamer is om vir hom te laat weet dat die operasie goed afgeloop het. En hy het uit sy pad gegaan toe ek weer opgeneem is. Hy was tot na 23:00 by my in die hospitaal! BAIE BAIE DANKIE!

Verder, sterk ek aan by die huis. My man is 30 vandag. So familie bring lekker kos (want ek kannie nou kook nie) en eet hier vanaand. Ek het nog nooit my skoonmense so baie gesien nie! Veeleisend!

Mooi bly dames en geniet die aand.

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227101 by joo~ste
Ruby!!!!!!!!!!!!!!!!!!
TOETS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! :woohoo:
Ek sal wraggies nie so lank soos jy kon uithou nie. Ek hou styf styf styf duimvas!!! Dit kan dalk net die maand wees waarvoor jy al so lank wag. Op die ander forum waarop ons gesels is dit 'n besondere goeie maand. Daar is 4 van ons wat swanger geraak het, ek met IVF, een met 'n FET en twee natuurlik. Dalk moet jy sommer al vanaand pieps!! Net vir die wis en die onwis!

Hopeful
Ag nee! Nou wat het die eienaar laat kop uittrek? Dit is so jammer. Het julle nie al klaar die kontrak en alles geteken nie, of was die proses nog nie so ver nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227097 by CheriseF
Hopeful ek gaan more oggend toets, dit gaan either positief wees en ons harte oorloop van dankbaarheid of dit gaan negatief wees en dan gaan ek gemoedsrus he.

Ek het actually gese ek gaan einde Augustus toets.. maar ek weet nie meer so lekker nie. Al die goed wat gebeur veroorsaak net meer en meer vrae

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227094 by Hopeful
Hi Ruby, Wat n amazing tetament to God so oneindige krag!!!!!!!!! Jy is well all n week laat volgens as AF die 24ste hier moes wees. Gaan jy toets?

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227087 by CheriseF
Hopeful jy is so dierbaar:

Dis 'n langerige storie wat ek gaan probeer kort hou.

DIe 27ste Mei is daar vir my gebid vir genesing en dat elke dokter wat infertiliteit uigespreek het, dit gebreek is oor my liggaam. Ek het die sist gehad toe wou dok my weer op voorbehoed sit, ek en DH het besluit ons kan nie God vertrou en vra vir 'n kind maar ons drink voorbehoed nie. So ons bid toe dat die sist vanself sal weg gaan, dit is baie moontlik en dit vat gewoonlik so 8-12weke om vanself weg te gaan.

Die 24ste Junie toe kry ek my AF van self - niks Provera, niks fertiliteit meds voor dit nie - nada - geen meds.

Ons het maar normaal probeer aangaan, toe raak ek vreeslik naar vir 'n paar dae aaneen, gaan toe sommer huisdokter toe. Dokter se toe ons gaan 'n sonar doen om te kyk of dit nie my organe is of so nie, (intussen het die dok se uriene toetse gewys ek het erg infeksie - dis wat die naarheid veroorsaak het).

Met die sonar het die radioloog bevestig ek het baie fotogeniese ovaries.... kon dit nie lekker verstaan nie.

So gebeur dit toe dat hulle vir my se daar is geen tekens van 'n groot of klein sists nie, daar is net follicles. Hulle het dit ook baie duidelik gemaak dat ek baie mooi gesonde vroue dele het (baarmoeder, ovaries ens)

So daai sist is weg binne 4weke - ek dink die Here het dadelike genesing laat plaasvind ons het net nie daarvan geweet nie.

Ek het toe net begin vertrou dat my siklus sal normaliseer, dit het reeds vanself gekom. So met die gevolg dat my volgende siklus tussen die 22ste-24ste Julie moes kom. Dit het nou nie.

Ek het bitter baie simptome, lae rug pyn, krampe wat voel soos AF krampe, so 'n waterige afskeiding (sorry TMI) snotterige en geblokte neus. En die laaste paar dae 'n bloederige neus.

Ek het eers gisteraand toe twee van my vriendinne wat swanger is daaroor gesels (oor snotterigheid wat hulle in vroeee swangerskap ervaar) dalk is dit die rede hoekom ek dit ervaar?

Aan die ander kant wil ek nie paranoid wees daaroor nie, maar ek kan nie help om daaraan te dink nie. Die gedagte wil my net nie los nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account