× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 10 months ago #139594 by Cornel
Sjoe waar is almal?

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139578 by Cornel
Goeie more Julle.

Hier skyn die son sommer van vroeg af! B)

Ek gaan nou dadelik aan die werk spring met die Moomie lysie en dit dan email. Gaan dan asb net julle info deur,en laat weet asb as ek iewers 'n foutjie gemaak het.

Lekker dag vir julle almal! :kiss:

Hexy dis regtig 'n baie mooi feetjie,maar sjoe ek sal ook maar eers moet spaar.......... ;)

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139563 by sexy~hexy
More almal

Driekie, bly om van jou te hoor :) Bly dit gaan goed met jou en baba, en dat vrugwater weer normaal is!

Anje, jy klink ook omtrent besig. Wanneer kom post julle dames weer vir ons sonarfotos???

Ek voel vanoggend gagga :X Het sleg geslaap, toe neus, dan loop neus, lyf seer, dik kop GRRRR As ek nie vandag werk gehad het nie, het ek wragtig in die bed gebly en geslaap!

Nog geen teken van AF...so wonder wat met my siklus aangaan...

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139557 by Lia
AFM: Is baie besig by die werk en sukkel al weer met internet, maar ek kan nie wag vir my drs afspr Donderdag en my 4D Vrydag nie. My peetkind se ma se 30ste doe is ook die naweek, so sien baie uit daarna ook. Baba D skop nou lekker hard met kere en ek geniet dit vreeslik.

Ek gaan nou maar niks se tot die kombuis nie klaar is nie, want lyk my elke week skuif die datum aan met 'n week. En kla help definitief nie. Klink darem nie of die man met ons geld weg hardloop nie, iets om voor dankbaar te wees.

Weet daar is nou nog iets wat ek wou se, maar kan nie onthou nie.

PS: Wie gaan moomie meet toe in Jan ? Lalie en Ankia, lyk of julle gaan, enige iemand anders ? Ek gaan ook, sien uit om met julle te kuier.

Julle moet 'n heerlike week verder he, Kersfees kom nou vinnig nader.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139556 by Lia
Drix, jy klink stukke beter, al het jy so horibale tyd by die werk beleef. Hoop dinge is darem nou al beter. Ag dis wonderlike nuus van jou plasenta !!!!! Ek is so bly alles het reggekom !!! Luister maar liefs nogsteeds na dr se raad hoor. En daar het jy toe nou ‘n goeie hospitaal ook, klink of jy nou redelik gesettle is. Ek is ongelukkige weg van 20 – 28 Desember, so sal ongelukkig nie die 27ste kan maak nie, al wil ek so graag. Jy moet die kuier geniet hoor.

Pais, as jy opkom, skies, ek het vir jou verkeerd gese, brazillian is nie die vol wax nie, Hollywood is die regte naam, maar my terapeut noem dit ‘n vol brazillian.

Hi M2M, dis gagga om te moet terug gaan werk toe, dit suck en sterkte jong.

Marie, wow, kan nie glo jy het minder as 10 weke oor nie. Jammer oor die plasenta, ek glo en vertrou alles gaan reg uitwerk, darem nog net ‘n paar wekies wat hy moet binne bly en ten minste is hy darem al ‘n goeie gewig. Hou styf duim vas dat hy goed groei. Jy moet asb. nou net rustiger word en ontspan.

Welkom terug Cornel !!!!! Ek is so bly alles het goed gegaan met jou pa se operasie. O jel, jy het meer guts as ek, daar is nie ‘n manier dat ek enige sprinkaan of ander goggas of wurms eet nie. PS: Verwagte due date is 27 Maart en sy is nog Baba D op die stadium.

G, wat ‘n naweek, hoop jy kan die komende naweek bietjie rus kry.

Hexy, klink of jy ‘n heerlike naweek gehad het en lekker uitgerus en gekuier het. O, jiggie vir die bosluise, en dankie tog vir Pest Control. Sterkte !!

Ankia, ek het gestem vir W. Hy word net mooier en mooier !! Love die phodie. Mag jy ‘n sonnige suksesvolle naweek he vir jou verjaarsdag. Hoop W is darem al gesond.

Karin, wat ‘n besige naweek, hoop jy kry bietjie rus in die naweek.

Tienks, baie geluk, S rol nou om en een van die dae moet jy agter hom aan hol.

Klippie, antwoord amper, gaan nou nie detail gee nie, maar ons sien sekere familie lede letterlik net met troues en begrafnisse – by choice. Geen rede om 'n groot fuss te maak nie.

Aaaah Morgs, sy word so gou groot, jy moet weer vir ons phodies opsit. Ek dink nogsteeds Carli is die mooiste ou poppie, dis nou tot myne hier is. Is julle nou al terug in PTA ? Het gehoop ons kan almal weer ‘n koffie in werk voor Kersfees, maar my tyd het nou uitgeloop. Sal maar iets in Jan reel.

Hi Beertjie, wag tot Janka so liggies op jou blaas begin trap, nogal ‘n anderse sensasie….lol.

Strikkels, ai jammer oor AF man.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139492 by Driekie
En dan JIPPPPPPEEEEEEE HOERA en BAIE BAIE BAIE DANKIE LIEWE JESUS!!!!!

Ek het gister vir n afspraak weer gegaan by dok en WOWOWOWOW - klein Eoin is dubbel so groot as met my vorige sonar amper EEEEEEEN die Vrugwater is terug na normaal!!!!!!!Dokter was baie baie gelukkig oor dit maar nog steeds gese ek moet maar die rus-ding en water doen!O ja en ek het 2kilos opgetel :blush: hehe
Maar sjoe my maag raak groot - maar dit lyk nie so op fotos nie - dit lyk net dieselfde!?En Eoin beweeg nou vir jou baie - genade ons!Pappa het al selfs n skop in die oor gekry hehehehe!!!

En dan sien ek dok weer in Januarie so by die 15de rond en ek gan by Maryke by Genises die 28ste vir my 4d - WHOOOOOOOHOOOOOO!!!!!!

My vlermuis-kind leef nog al die pad - hehe!

En my vriendin het gisteraand na so 3 en n 1/2 uur in kraam geboorte gegee aan hulle eerste kleinding n seuntjie Gerhard van 2.6kg en 54cm lank....so nou weet ek waar ek gan kraam - want blykbaar is die hospitaal uitstekend en ons was onseker oor hoe hulle diens is!!!!!


Skuus dis dit van my vir nou - CHAT MORE WEER BELOWE!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #139491 by marie r
Sjoe Driekie, maar jy't omtrent drama gehad. Het gewonder waar is jy. omdat jy so stil is. Hoe gaan dit verder met jou? As ek mag vra hoe is jou vrugwater situasie nou?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account