En nou vir my storie:
OOOOOI!!!!Ons is vrek vrek besig - soveel so dat ons omtrent n hele nag sal moet werk om alles in te haal van Donderdag af!
My trok was 3ure laat Vrydag so 1/2 vrag is nie afgelewer, backlog by h/k veroorsaak reuse vrag Saterdag en sommer Maandag ok.
Vrydag kry bakkie 1 sommer 2 papwiele, en 1 word ingevat want ander is net n slow puncture wat nog kan wag, vandag laat weet hulle hulle het nie voorraad om reg te maak nie so papwiel 2 is ok nog stukkend...
Saterdag gooi een ou bakkie 1 se sleutel weg en omdat dit n chip het moet ek handelaar toe vir nuwe een maar hulle kan eers in 5dae nuwe een kry.H/k 3keer gebel voor ek uiteindelik kon hoor hulle kon vir my n spaar kry wat ek toe eers vanoggend gekry het.
Dus ek het heeldag gister net een bakkie, bakkie 2, om omtrent 3dae se vrag af te laai wat meer as 6ton is en raai die bakkie maak n ongeluk op sy eerste stop gisteroggend!!
Nou ja hulle het nou skuld van R2400-00 vir n ongeluk van 2 weke terug, R720-00 vir die sleutel en die ongeluk van gister wat ek dink so amper R10 000-00 gan wees.
Om als te kroon het h/k van my en n ander naby tak se pakkies gemeng en ek moet vir die kleint verduidelik en hulle goed kry.Die vrou staan en beledig my toe telefonies oor ek bril dra - KAN JULLE DIT GLO!!!Ek het haar darem gedwing om om verskoning te vra vir haar ongeskikte maniere!!HEHEHEHEHEHE
En dis my drama sover die week...