Hallo almal!
Ek het net gou kom inlog om te se dat AF toe nou vandag haar nare opwagting gemaak het. Alhoewel ek regtig seker was dat ek en my liewe man die eiertjie se "timing" nie reg gehad het nie....was ek tog hoopvol met die dat ek toe 2 dae laat was. Maar...toe nou nie...
Egter...waaroor ek BAIE in my skik was, is die feit dat ek weereens GEEN spotting gehad het nie. Nou is ek regtig doodseker dat die mioom en/of die endo iets met dit te make gehad het. Ek moes van die begin af my "gut" vertrou het en geweet het dat die dae se spotting voor die tyd nie veronderstel is om so te wees nie. Elke keer as ek dit vir my gynie gese het...het hy gese dit is normaal om te spot. En as ek gese het...dat ek vir dae aaneen spot...het hy dit afgemaak as elke vrou is uniek. Simpel vent! Net die FS het my ernstig opgeneem. Wys jou nou net....as jy 'n expert opinie wil he...gaan sien 'n expert!
Ek het vanoggend my temps gevat...dit het skerp geval...en ek het geweet..vandag is die dag. Twee ure later...toe daag die ou vet tannie op...en daar was geen surprises van hoopvolle "implantasie spotting" soos wat ek vir die laaste 2 jaar gehad het nie.
Nou ja...ek gaan lekker rondhol more...'n paar besige dae le vir my voor. So ek het gedog om net gou vir julle te laat weet, andersins wonder julle dalk die hele dag en dan is daar anyway niks om oor te wonder nie.
Geniet die week almal!!!