× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #130500 by Slakkie
More more! Ek groet gou vinnig want het baie om te doen vandag.

Blessed - Long time no see jy moet nou meer gereeld kom inloer hoor!

Ek is net so moedeloos al met die kosmakery, soek altyd nuwe idees. Ek is baie lief vir my kombuis en kan ure daarin spandeer, dames 'n gasstoof!!! Ek is baie lief vir bak en brou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130466 by marie r
Hi girls

Jammer ek kom update nou eers, maar ek het gister 'n rowwe dag gehad.

Scan was baie nice, maar 'n mens begin nou al minder sien want hulle ou plekkie raak mos nou maar klein. Kon amper nie eers Marinus se gesiggie sien nie, want hy't ondertoe gekyk met die 2 handjies hier by sy gesiggie. Die dr het hom laat probeer beweeg, maar hy wou niks weet nie. Hy weeg nou so 954g en sy hartkloppie is 147bpm. My bloeddruk is ook darem weer terug na normaal toe. Tog te dankbaar daarvoor.
Ek kan nie glo hoe vinnig tyd vlieg nie, hy't gister al vir my gesê ek moet my bed gaan boek by die hospitaal. Sjoe, julle ek kan nie glo dit is al sulke tyd nie. Het dit toe sommer gister gaan doen en my lysie gekry van alles wat ek moet saam vat, so nou kan ek dit maar so stelselmatig alles begin koop.

Was skaars by die huis toe bel die kleuterskool my & sê dat Eduan koors het. Ry toe om hom te gaan haal en toe ek daar kom neem hulle weer sy koors. Dit het oor die 39 gegaan en die temp het nogsteeds gehardloop. Hy was omtrent warm en het net so gesit en na my gestaar. Vat hom toe dr toe en hy het toe Mangelontsteking. So gister en deur die aand was maar moeilik vir my. Vanoggend is hy weer bietjie koorsig, so hopenlik gaan dit ook bietjie later af.

Sorry ek het nie tyd vir personals nie, maar ek sal later as hy slapies probeer opvang.

Anje, jou magie is nog klein en as ek reg onthou gaan jy vandag vir 'n scan. Geniet dit.

O ja Hexy my volgende scan is 7 Desember.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130380 by Lia
Ok girls, hier is my 20 weke pensie soos belowe:

Met hemp:
File Attachment:


Sonder hemp:
File Attachment:


Van voor af:
File Attachment:


Lekker aand !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130340 by Cornel
Baie dankie ella!

Lekker aandjie vir jou!

Ek het ook al gegroet,maar ek kom ook nie hier weg nie!

I'M ADDICTED!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130338 by ella~bella
Ok, ek gaan more die scanner uitruk en vir julle n paar resepte aanstuur.

Niemand wat my kos eet mag vol stories wees nie, anders maak ek nie weer kos nie! Haha!

Mooi aand vir almal!!!

x

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130334 by Tienka
LOL ella, dis my eie skuld dat hulle so vol strooi is. Sonia.loram@za.unisys.com

Dankie baie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130333 by Cornel
ella~ as jy nie omgee nie sal jy dit asb vir my ook email?

Miskien kan ek iets daarmee gaan doen as ek nou by die huis is.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account