Hallo julle!!
Sjo, weer so lanklaas hier gechat. Ek kry net nie tyd nie. Is heeltyd besig met iets.
Hoe gaan dit met julle almal???
Tienka, jou seuns is pragtig!!! Is jy weer terug by die werk? Hoe gaan dit met boeta? Hy het die mooiste dimpels hoor!!
Ansa, jou boepie is te pragtig!!! Hoe gaan dit met die swangerskap?
En Ankia?
Cornel, ek dink vreeslik baie aan jou! Hoe gaan dit met jou? Sien jy is amper weer oppad SA toe. Jy sien seker baie uit!
Karin - baie hartroerende stukkie wat jy gepost het!! Aai, ons kan so dankbaar wees vir wat ons het! Ons is eintlik baie ondankbare mense! Kan myself nie indink nie!
Vir die res... Die wat ek nog nie ken nie - HALLO! Ek is al n rukkie op die thread, maar chat baie min na my seuntjie se geboorte. Welkom, en die wat probeer om swanger te word - EK BID DAT GOD JULLE SAL BLESS MET N BONDELTJIE VREUGDE! God se tyd is nie ons tyd nie, maar Hy is altyd op tyd!!
Die wat ek ken en nie uitgesonder het nie - HALLLLLOOOOO!!!
Ek kan nie glo al die preggy fairies is al so ver nie!!!!!! Tyd vlieg hoor!
Armand is nou al 14wke!! Weeg 5.9kg en is 61cm lank! Hy is te cute en draai my lekker om sy pinkie!! Pappa se ek bederf lekker, maar ek se net dit is liefde gee hehehe
Is daar iets wat ek gemis het??
Gaan probeer om bietjie meer te chat in die vervolg!
xx