× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #130045 by KarinM
Ai julle... ek sit en snik my hart uit hier... soms ruk die lewe jou terug aarde toe en stroop jou van alles wat so "eie ek" is... Ek moet hierdie met jul deel, dit is verskriklik, maar dis REALITEIT.


Hartroerende Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria



Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie 2010. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir 'n rukkie, 'n volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om 'n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se dood 'n gat gelos - vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar.



Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my hele bestaan opgesom in 'n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed? Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers 'n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie... Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siekwees jou dood maak. Dit maak die rede dood 'n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood.



Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer 'n dag hoef te eet. Ja, om te dink daar was 'n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis 'n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier's niks om te eet nie. Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet - en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks. Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel "scrap metal" en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek 'n "tip" of 'n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf - al is armwees genoeg van 'n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie 'n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie.



Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak. Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie... Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue ... doodgaan omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie! Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel?



Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien.

Hulle leef met 'n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie. Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op 'n manier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my "scrap metal" of "tip" my vir die karre wat ek oppas nie. Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat 'n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan. Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130038 by Ansa_S
Anje ek kan nie wag om daardie eerste beweging te voel nie! Dink ek gaan dan permanent met my hand op my maag le!

Ja ek dink ook dis 'n dogtertjie,
Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130037 by Lia
O en man het vanoggend vir my gese ek moet my lysie regkry vir wat ek alles wil he en 'n bietjie later het hy my gevra wanneer dink ek is die beste tyd vir ons baby shower, en nog later vra hy waar is die beste plek vir 'n baby shower en toe oeps, ek is seker nie veronderstel om te weet waar en wanneer dit gaan gebeur nie. So iets is aan die broei, maar ek weet my man kan nie geheime hou nie, so ek sal seker vooraf weet.

Ok, ek groet nou, geniet julle middag !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130031 by Lia
O en Ansa, ek dink ek het dit al gese, maar ek is oortuig jy het 'n dogtertjie !! Net baba dogtertjies fight so hard !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130028 by Lia
Hi dames, kom groet net gou, was te moeg gisteraand om op te vang of phodie te post, sal vanaand probeer. Het heerlik geslaap gisteraand, dink sussa ook, want vanoggend skop sy weer 'n storm los. Ek en ml het mos beide die 1ste skop gevoel vorige week en tussen in as ek hom roep, se hy dat hy voel niks, hy dink ek verbeel my, maar hy het gisteraand uiteindelik weer vir baba gevoel, sommer 'n paar keer en toe weer vanoggend.

Ek het nou nie opgevang nie, maar so paar phodies gesien, Ansa, love die pens !! Ankia, die kaartjies is beautiful, neem aan jy het self gemaak en ouch vir seuna se neus. Tienks, jou seuntjies is pragtig !!

Die mense verf vandag klaar, of is veronstel om klaar te maak, kan nie wag nie. My bediende gaan 'n praatjie kry Vrydag, sy het nou die halfte van haar gewone werk en nou sal sy mos afskeep.

Marie, geniet jou scan !!!

Ek kan nie wag vir my scan more nie !!!! Dan sien ons of ons dogtertjie in 'n seuntjie verander het.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130008 by Ansa_S
Ja Karin daar is maniere, maar my man wil niks waag nie en ek moet byse ek is ook te bang!

Ons sal volgende week weer na huisdr toe gaan vir sonar, dan kan ons dalk weet maar sal eers koop as ginekoloog bevestig wat dit is! Het gisteraand gedroom van my blonde kop dogtertjie met blou ogies!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130000 by KarinM
Ons hou duim vas Ansa dat julle sal uitvind oor twee weke! Dis tog so lekker om te weet en dan te kan begin beplan. :)
Shame... jou man is dierbaar! Wel.... uhm... daar is ander maniere om die frustrasie so effe te verlig jy weet... hehe. Wees kreatief! :lol:
Die drome is normaal though, jy gaan nog vele daarvan kry, hiehie.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account