Hi julle!
My dogtertjie is gebore Januarie 2010. Ek het op 40 weke gegaan vir 'n induksie en wou VREESLIK graag normaal geboorte gee, maar na amper 12 ure was ek net 1cm ontsluit! My swangerskap was vir my aaklig (ERG morning sickness tot op 5mde, maagsure opgegooi van al die sooibrand en kon baie dinge nie eet nie. Ek is 'n buite mens en my lewe het nie geleidelik verander soos die swangerskap toeneem nie, dit was baie skielik! Moes op 3mde ophou werk want ek was te siek en was tot op die einde vreeslik moeg! My maagspiere was vrek seer soos my maag gerek het want ek ry baie perd, en alles was net aaklig!) My teorie is dat ek eenvoudig te gespanne was om te kon ontsluit. Het ook nooit gevoel sy wil kom nie! Ek was baie kwaad toe ek nie anders kon as om 'n keiser te moes hê nie en toe ek daar onder die ligte lê en hul my prep kon ek nie eers vir my man kyk nie! Toe die pediater hom kom voorstel het ek onthou waaroor dit gaan!
Die hele keiser ondervinding was vir my aaklig en ek het opgegooi en erg kouekoors gekry kort nadat hul my dogtertjie uitgehaal het! Dis nog nie die ergste nie - my sny het ontsteek en ek moes na 'n week weer terug hospitaal toe vir 3 dae! Sussa was 2wke oud toe ek vir die eerste keer lank genoeg kon staan om haar self te bad - soveel pyn het ek gehad! 'n Vriendin het haar elke middag kom bad totdat ek dit self kon doen!
Ek is gladnie kwaad vir my dokter nie en ek neem hom nie kwalik vir die ondervinding nie. Hy is uitstekend en baie gewild en ten gunste van normaal kraam, so as ek 'n kans gehad het sou hy dit vir my gegee het! Ek dink al die skok, stres en teleurstelling was net te veel vir my lyf!
Boetatjie is nou due 4 Nov - ek het op my knieë gegaan en hom "bestel" om in te pas by my en my man se werksomstandighede en dat ek op die presiese tyd sal swanger word sodat hy kom wanneer dit 'n stil tyd vir ons altwee se werk is. Ek het mooi gebid dat dit nie weer so erg sal wees nie, en dinge gaan BAIE goed! Ek werk nog steeds op 22wke en gaan werk tot einde Aug, maar van nou af skaal ek af dat dinge minder hectic is. Meeste van die tyd vergeet ek dat ek swanger is, behalwe wanneer hy skop

, en ek is nie meer moeg as wat ek normaalweg sou wees met die hoeveelheid wat ek slaap en besig is nie. Ek kan ook enige iets eet solank ek genoeg groente/vrugte inkry - dinge ruik of proe nie snaaks nie en ek kry nie sooibrand nie solank ek reg eet.
Ek is baie rustig en relaxed hierdie keer en wil nie myself hoop gee nie, maar sal gefokus kan wees as ek 'n VBAC poging kan aanwend - nie bang vir daardie soort pyn as dit net resultate oplewer nie! Wil ook nie weer epiduraal hê nie, want laas het dit 'n spasma in my rug veroorsaak en ek kon nie op my sy lê en borsvoed nie. Het laas 'n epiduraal op aanbeveling geneem voor hul die drip gekonnekteer het om die kontraksies aan te help. Ek was toe al moedeloos omdat niks gebeur nie en het oorgegee! Die drip het in elk geval nie gehelp nie, want sussa se hartklop het geval sodra hul die dosis opdraai! As ek nie kan VBAC nie moet hul my "uitsit" en vir boeta uithaal - ek gaan nie weer "kyk" nie!
Ek wil VREESLIK graag 'n VBAC hê en dokter het gesê dis moontlik, maar daar is voorwaardes. Bv kan nie induksie kry, moet 1cm/uur ontsluit.
My man is baie skrikkerig, want hy is bang as ek normaal gekraam het gaan ek forever "gestretch" wees en dinge gaan nie meer so lekker wees in die slaapkamer nie. Het enige iemand eerlike kommentaar te lewer daaroor? Sussa was 2.9kg by geboorte, so ek glo darem nie ek gaan skielik 'n 4kg baba hê nie..? Soos ek sê, ek ry baie perd, so my pelvic spiere is redelik sterk - help dit nie dat alles terugkrimp nie..?