Ai Jooste ek weet wat jy bedoel met die slaap. Ek sukkel ook nou al die laaste twee weke, ek word konstant wakker om te gaan piepie en ek kry nie my lê nie. Ek wissel maar kante gereeld, maar ek vind ek slaap wel langer en bietjie beter op my linker sy. Ek prop die duvet tussen my kniee en ondersteun my maag en bo-lyf met 'n kussing. Shame my man kry nie veel plek om te beweeg tussen al die dinge nie, maar hy sê hy slaap darm heel gemaklik en onversteurd.

Nou is ek spyt (weereens) dat ek nooit 'n preggy roll gekoop het nie, en nou voel ek dit is te laat. Het jy vir jou een gekry? Ek onthou ons het daaroor gepraat aan die begin.
Ek verstaan jou angs oor die keiser. Hierdie keer vir my is dit 'n beplande keiser so ek voel ook bietjie meer angstig oor die geboorte, waar laas keer was ek oortuig ek sou natuurlik kraam so het nie eens gedink aan keiser nie en nie geweet wat om te verwag nie.
Maar ek kan regtig jou gerus stel dat die keiser self regtig nie baie erg is nie, en dit gaan 'n ongelooflike 'surreal' ervaring vir jou en jou man wees daardie dag wanneer julle kleinding gebore word!

Die beloning van julle pas gebore babatjie gaan by ver enige moontlike negatiewe dinge van die keiser uitbalanseer, dit kan ek jou verseker! Moet nie bekommer oor komplikasies en so nie...dit gebeur min met beplande keisers. Dit is noodkeisers wat baie keer probleme oplewer.
Al waaroor ek bang is, is omdat ek hierdie keer weet wat om te verwag dat die spinal block weer sal seer wees, en ek is skrikkerig vir die herstel na-die-tyd om dat ek nie net my pasgebore baba sal hê nie maar my 19 maande oue dogtertjie ook....maar soos wat my skoonsussie sê: "you just get on with it" daar is nie tyd vir 'ag arme ek' nie, veral nie as jy 'n mamma is nie