Hallo almal!
Ek kom loer elke dag gou in op moomie om te kyk wat gaan aan en wat is nuut maar ek vat nie regtig 'n kansie om 'n update te tik nie. Almal is sekerlik ook besig en kan nie wag vir die kersfees vakansie om nou te begin nie!
Jooste ek is seker jy het jouself boeglam geskrik! Ek kan vir myself aan niks erger indink as om nou dalk spontaan in kraam in te gaan nie! Laat weet jou dokter asap as daar enige verdere simptome is...
AFM
Word nou redelik ongemaklik en ek kan voel ek word nou groot. Ons het Dinsdag my maag gemeet en ek is al 88cm!

Ek weeg nou 54 so het sover 6 kg opgetel wat 'n goeie ding is want ek voel glad nie meer so moeg soos voorheen nie. Ek gaan Dinsdag die 18e weer vir 'n scan en ek kan nie wag nie want dit voel soos eue gelede dat ek die klein dingetjie gesien het op die skerm! Darm voel ek hom baie so dit stel my gerus dat alles piekfein is en dat hy mooi groei.
Verder pak ons maar en probeer dinge by die nuwe huis in orde kry vir wanneer ons intrek. Nog net 7 werksdae en ek bid hulle om want ek is so gatvol vir al die mense en dinge by die werk!
Hoop almal het 'n lekker week. Sterkte met die laaste stretch!