file March 2013 Mommies to be...

13 years 8 months ago #232887 by Widget
Hi almal!

Wow Chumm, baie geluk met die geboorte van Savanna! 28 weke klink darm baie vroeg maar ek is baie bly om te hoor sy groei mooi. My hart breek net om te dink hoe dit vir jou moet wees om haar daar te los, maar soos jy se sy is in goeie sorg en mens wil altyd doen wat die beste is vir jou kleinding. Wat 'n wonderlike ding om ma te wees, is dit nie! Hou ons asb op hoogte van jou en haar vordering.

Hoop almal het 'n lekker feestyd gehad en nie te swaar gekry met die hitte nie! Mag elkeen van julle 'n baie gelukkig en sprankelende 2013 he! :silly:

Irene, welkom en dit is altyd lekker om te hoor van nog 'n Maart mamma! Ek weet ongelukkig nie van enige dagmoeders of babasorg plekke in die Fourways area nie. Ek het nog nie te veel gedink oor wat ek met my seuntjie gaan doen wanneer ek terug gaan werk toe in Augustus nie. :S Miskien wen ons die lotto en dan kan ek sommer by die huis bly. :woohoo: Wat gaan die res van julle doen vir kindersorg? Ek weet net ek stel nie weer 'n nanny aan nie, ek vind dit heeltemaal te stresvol en ek haat die indringing van iemand vreemds heeldag in my huis!

AFM
Alles gaan goed, ons is gevestig in ons nuwe huis, ons dogtertjie sukkel net met die aanpassing so bietjie, word baie wakker in die aande skielik en is baie klouerig, sy wil jou nie uit haar sig laat nie, so dit vat nogal bietjie geduld van ons want ons het so baie om te doen en moet ook nog aanpas. Babatjie groei mooi - ek kan dit voel want daar is omtrent nie meer plek vir groei nie! Hy skop lekker hard en is baie besig. :P My volgende afspraak is eers die 18e Januarie (amper 31 weke), dan sal ek meer kan vertel.

Hoop almal het 'n lekker week!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #232796 by Irene
Hi all. I am a newbie to this site and forum and a mommy to be in march this year, although have been reading a lot of your posts and questions... I need to find either a nanny or a baby care creche for my new addition... He will be born this March and I will need to go back to work in August, when he will only be 5 months old!!!
What should I do or where should I look for help? How is Opti baby? They the only place I've seen in my area (Fourways), that take babies from 3 months.
Any help or advice would be greatly appreciated. Thx all!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #232790 by CHmum
Dankie Joo~ste

Ja dis nogal moeilik om haar daar by die hospitaal te los, maar ek weet sy is in goeie hande.
Sy weeg nou 1130g en tel mooi op. Die wonderlikste is om haar vas te hou en te Kangaroo.

Sterkte vir jul almal ook, veral nou in die hitte.

Groete

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #232727 by joo~ste
ChMum!!!
Vriendin.....wat 'n skok moes dit nie wees vir jou nie!! Dit is vir my darem net baie goeie nuus om te lees dat jou dogtertjie amper 1kg was en dat dit nou met haar goed gaan. Hoeveel weeg sy nou??

Siestog....!! Dit moet rof gaan in julle huishouding.

Maar...eerste dinge EERSTE:
BAIE GELUK!!! Jy's 'n MAMMA!!!!!!!!!!!!!!!!!! :heart:

So bly vir jou!

Hou ons asb. op hoogte - ons sal elke mylpaal saam met jou wil vier!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #232704 by CHmum
Hi Julle,

Ek's so bly om te hoor dat dit goed gaan met almal.

Ekself het met my hoë bloeddruk pre-eclemsia ontwikkel en het 'n nood keisier gehad die 14 Desember, my dogtertjie, Savanna is op 28 weke gebore! Als gaan goed nou, sy is in die Neonetale Eenheid in Panorama Mediclinic en word elke dag sterker. Sy het 910g geweeg met geboorte. Sy sal omtrent 2 maande daar moet bly.
Ekself is deur 'n vreeslike storie, maar sterk ook elke dag aan en is darem ook al by die huis.

Ek sal jul graag op hoogte hou van my en Savanna se vordering al is ek nou nie meer 'n Maart-mamma nie.

Groete

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 9 months ago #232622 by joo~ste
Widget
Pragtige foto'tjies!!!!


Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 9 months ago #232606 by Widget
Vandag is ook my laaste dag! Die MD het gesê hy is nie lus om more in te kom werk toe nie so ons maak vandag klaar. :woohoo:

Ek hou aan vergeet om 'n boepie foto te neem! Ai. Ek het so twee scan fototjies aangeheg.

Ah lekker Jooste, ek is mal oor Umhlanga. Waar gaan julle bly? Dink dit gaan lekker warm wees! Wonder hoe ek gaan voel 31 weke swanger in daardie hitte. :unsure: Maar sien inelkgeval baie baie uit! Dit is regtig een van my gunsteling vakansie plekke.

This message has attachments files.
Please log in or register to see it.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account