Hi Chumm!
Ah absolute wonderlike nuus!

Wat 'n lang wag...maar ek is baie bly om te hoor alles gaan goed. Ek kan my nie indink hoe klein 1.865kg moet wees nie! Dankie vir die 'update'.
AFM
Was Vrydag weer vir 'n skandering, alles gaan goed en lyk gesond! Babatjie weeg 2.5kg en die dokter se hy kan maar enige tyd van nou af kom as hy reg is
Verder het hy gevra of ek graag wil wag tot ek spontaan in kraam ingaan omdat ek graag VBAC woul probeer maar ek het aangevra dat ons 'n keiser doen op my due date wat die 26 Maart is. So as alles volgens plan verloop kry ek my seuntjie Dinsdag die 26ste Maart die oggend so 8uur se kant.

Maar ek weet ook hoe vinnig dinge met geboorte nie altyd uitwerk soos wat mens beplan of in gedagte het nie, so ek hou maar oopkop... dokter spot so ewe met my man en sê hy gaan baba dalk by die huis moet vang....
Ons het die naweek begin dinge regrky vir boetie se kamer. Ek het my ooievaars tee die naweek gehad en was so lekker bederf. Nou moet ek net kleertjies en kombersies was en ons albei se klere klaar in my hospitaal sakkie pak dan is ek reg!
Sien uit om van almal verder ook weer iets te hoor!