file March 2013 Mommies to be...

13 years 10 months ago #232593 by joo~ste
Hi almal!
Ja..dit is omtrent stil hierso. Ek het nou die laaste goed vir die dag by die kantoor afgehandel. Nog 1 daggie en dan is ek ook amptelik op vakansie. Yah!!!

Widget - so bly alles verloop goed met jou skandering en met baba'tjie. Wraggies al 1kg! Jy moet sommer ook 'n boepie foto opsit!!

Ek kan nie glo ons is almal al so ver nie!! Binnekort kan ons begin gesels oor baba dinge. Heerlik!!

Terloops - ons gaan ook in Febr Umhlanga toe vir 'n vakansie. Kan nie wag nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #232572 by Widget
Net 'n 'update' van my scan gister.

Ek was gister 26 weke, babatjie groei baie mooi, is perfek gevorm en sterk en gesond. Hy weeg 1kg en ons kon sy gesiggie baie mooi sien. Hy was aan die slaap maar het op 'n stadium gedraai en sy mondjie oop en toe gemaak 'n paar keer, dit was te kosbaar! Wou 'n fototjie aanheg maar ek het al die goed by die huis vergeet :( Ek sal more probeer onthou.

Ek is seker die meeste van ons is nou in ons 3e trimester! :laugh: Jey!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #232511 by Widget
Goeie more almal!

Lyk my die hele website is redelik stil en al op vakansie :lol:
Ek was vanoggend so half bietjie depresief toe ek oppad werk toe is en die paai is so stil, maar toe dink ek...volgende jaar wanneer almal terug kom werk toe gaan ek en manlief en ons dogtertjie bietjie Umhlanga toe om te ontspan voor ons die jaar begin! So toe voel ek nie meer sojammer vir myself nie. :P

Ek het vandag weer 'n skandering, sal more laat weet hoe dit gaan. Voel goed verder, dankie tog, die MS was erg tot en met Saterdag, maar Sondag en gister en vanoggend voel ek weer myself. Ek sukkel net met vleis, enige vleis reuk en speserye sit my vreeslik af :sick:

Hoe gaan dit met almal verder?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #232491 by joo~ste
Mensig, maar ek is niks lus vir werk nie. Wens ek kan huis toe gaan.

Geniet die Kerspartytjie, Widget. Hoop daar is njammie goete om te eet...
hmmm

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #232490 by Widget
Sooibrand...hmmm dit is nogal 'n ding. Ek kry net die gewone branderige gevoel wat opstoot in my keel :blink: yuk. Maar ek het ook die vreemde gevoel en speeksel wat ek heeltyd so sluk. :unsure: Ek het met my eerste glad nie enige van hierdie dinge gehad nie en my swangerskap het seepglad verloop...wys jou net hoe uniek elke swangerskap is.

Dinge is ook maar stadig by die werk vandag hier en ons maak reg vir ons staff kerspartytjie so niemand het lus om iets te doen vandag nie. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #232486 by joo~ste
Widget
Gits...nee...nog nie gehad nie. :unsure:
Ek voel wel deesdae mislik....maar het agter gekom dit is eintlik 'n vorm van sooibrand wat ek kry. As ek Gaviscon neem, voel ek binne minute beter. Dit is nie vir my soos wat ek sooibrand voorgestel het nie (branderig en kos wat opstoot nie) - dit is eerder so 'n vreemde vol gevoel en ek sluk aanhoudend speeksel en as ek le is dit 10 keer erger - voel of iets by my keel gaan uitkom.

Dalk het jy eintlik sooibrand. Probeer Gaviscon en kyk of dit nie beter maak nie. (dit is nou as dit weer gebeur).

Geen klagtes die kant. Net nie lus vir werk vandag...

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 10 months ago #232485 by Widget
Hallo almal! Happy Friday!

Jooste gelukkig weet jy darm wat die pyne veroorsaak...jy moet sekerlik ook al 'n lekker magie hê nou?

Wow 3-4 kg klink vir my baie goed! Snaaks dat jou eetlus steeds nie 100% is nie. Ten minste eet jy gesond! Ek wil die laaste ruk net indulge in soetgoed en koek ens...ek het heeltyd 'n lus vir high carb kosse. Ek is 1.61m en ek het 'n redelik fein beenstruktuur. 50kg is my gesonde gewig vir my lengte en bou.

AFM
Ek het Woensdag oggend wakker geword en kompleet gevoel asof ek een glas wyn te veel gehad het...die hele kamer het gespin! Ek het opgestaan en iets geeet en dit was darm beter. Ek het 'n check-up by die tandarts gehad die oggend en steeds aan en af duislig gevoel. Die aand het ek vir manlief gese ek is vreeslik naar en ek kon nie eet nie. So is ek bed toe. Half 1 die oggend word ek wakker en is vreeslik naar maar probeer weer slaap, 15 minute later kon ek nie meer nie en moes vinnig by die badkamer uitkom! Die res van die aand moes ek kort kort opspring en badkamer toe hol! Dit was vreeslik sleg. Ek was gister by die werk maar het vreeslik pap gevoel en naar en kon niks eet nie, en was aan en af duislig. Die snaakse ding was verder was daar niks fout nie, ek het nie koors gehad nie, nie lyfseer nie niks nie so dit was nie 'n gogga of 'n ding nie. Vandag voel ek weer piekfein behalwe dat my hele lyf seer is van die vorige aand se siek wees. Ek kan ook nie die gedagte of reuk van vleis hanteer nie! Dit is vreeslik vreemd. Ek was apteek toe om my bloeddruk te neem en net te hoor wat hulle voorstel, alles was 100% en die man het net voorgestel dat kan moontlik MS wees m.a.w hormone. :huh:

Ek het al gehoor somtyds dat soos mens in jou 3e trimester kom jou hormone weer 'n rol kan speel in die dinge. Vind enige van julle dit?

Vir die van julle wat op vakansie gaan en vandag klaar maak met werk, hoop julle geniet dit vreeslik baie!! :) Geseende feestyd vir almal van julle en julle families!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account