Wow Jooste, wel gedaan met jou wipes en doeke versameling. Jy gaan nog baie dankbaar wees!
Ek weet van watter steek pyne jy praat en sukkel ook die laaste ruk om gemaklik te slaap.
Ek hou aan vergeet om myself weer te weeg, maar ons meet gereeld my maag en my boepie staan nou al uit op 95cm - en dit was laas week Dinsdag. Ek meet weer die komende Dinsdag (so elke 2 weke).

Sjoe dit is uitstekend dat jy nog in jou broeke pas en so mooi optel. Laas wat ek geweeg het was ek so 56kg so dit sit my op met 8kg sover...maar ek kan voel ek het nog opgetel want die babatjie is 'n lekker gesonde gewig en ek het net skielik nog uitgestoot. Jy sal ook sommer weer vinnig vinnig terug wees na jou normale gewig wanneer babatjie gebore is
Ek moet se ek het net 'n selektiewe paar broeke en toppies wat my nou pas en ek weier om nuwe klere te gaan koop want daar is net 'n paar weke oor inelkgeval!
Ek het dit gister so geniet om kleertjies en kombersies en dingetjies te koop vir die nuwe enetjie, ek het het dit nooit gedoen met my eerste enetjie nie omdat ek so baie goed gekry het, en dit het my sommer nog meer opgewonde gemaak! Maar ek moet ook by dit sê dat voor jy jou oë uitvee het jy 'n fortuin spandeer!
Jooste wanneer is jou due date nou weer? Ek dink jy is redelik aan die begin van Maart nie waar nie?