file March 2013 Mommies to be...

13 years 8 months ago #233476 by nixie
hallo almal hoe gaan dit?

Hier gaan dinge baie goed.

baba weeg 2.1kg op 34 weke.

Placenta lyk uitstekend. Mamma voel tonne beter.

ek het extreme pain by my pelvic area. het erg gesukkel met sooibrand maar toe gee dr vir my altosec op voorskrig, sooibrand? WEG!!!!!!!

Iemand al baby shower gehad? Myne nou 9de Feb.

Gaan julle borsvoed? formule? en as formule watse een?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233423 by joo~ste
More almal!
Sjoe dit is stil hierso??
Hoop julle almal is okay?

Geen klagtes hierdie kant nie. Ons was gister vir 'n skandering en alles lyk wonderlik en pragtig. Baba'tjie weeg al 2kg en is baie rustig. Kan nie wag om te sien of dit PIENK of BLOU is nie!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233185 by joo~ste
Widget
Genade toggie....jy is so pragtig en klein!! Ja..kan self nie glo ons tyd kom so vinnig nader nie. Ek is amper hartseer daaroor, want ek geniet dit regtig om swanger te wees.

Nixie
Sjoe! Wat 'n drama. Ek is so bly alles is nou beter en dat baba'tjie nog daar binne is. Bedrest vir so lank moes regtig rof gewees het!?

AFM
Nie veel nuus nie. Het alweer lastige diaree vandag. :ohmy:

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233168 by Widget
Hi almal!

Nixie, dit is lekker om van jou te hoor. Sjoe, bly jy sê darm alles gaan goed! Dankie tog sy bly darm nog binne. Jy gaan seker gereeld dokter toe nou om seker te maak alles is okay? Sterkte man! Ek kan my net indink dat dit nogal erg stresvol vir jou moet wees!

Dankie Jooste. My kleinding sukkel bietjie om deur te slaap en met die nuwe skooltjie wat sy begin het nou het sy separation anxiety en is baie mamma vas. Shame. My hart breek om haar so te sien. Verder gaan dit goed met my, sien net uit na Vrydag se dokters afspraak. Ek het vanoggend sommer so vinnig weer 'n boepie foto geneem - ek is nou 30 weke. Kan nie glo ek het nog net 10 weke oor nie. Miskien selfs minder as die outjie besluit om self vroeer te kom. :P


Chumm goe gaan dit met jou en met babatjie? Kom sy al huis toe?

Angelique, sterkte vir jou, jy moet dit rustig vat. Wanneer gaan jy weer dokter toe?
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233136 by nixie
Hallo al die mammas

Jammer ek vir 7 weke missing was. Het op 26weke in kraam ingegaan, het tenvolle recover was net op bedrest. is nou 33 weke en alles gaan goed het nog n water lek maar vat dinge rustig .

gaan saterdag weer dokter toe!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233085 by joo~ste
Angelique
Hoop die ekstra vog inname doen die "trick" en jou vrugwater is 100% as jy weer gaan. Die hitte het my regtig onder gekry! Ek het nog nooit in my hele lewe so warm gekry nie...het vir 2 dae in die huis rondgele met net my bra en pantie aan. Het vir DH gedreig as hy iemand wou huis toe bring...want ek het net nie kans gesien om klere te dra nie!

Widget
Bly om te hoor alles is darem okay in julle nuwe huis. Hoop jou dogtertjie pas ook vinnig aan.

Hi daar Irene!
Jammer - ek sal nie kan help met raad nie. Ek sit self in die knyp waar ons woon - weet glad nie wat ek gaan doen met baba'tjie nie. Ek werk vir myself en sal hoogstens 2 maande kan tuis woon en dan moet ek geleidelik terugbeweeg werk toe. Ek gaan bid dat daar 'n antwoord kom in daardie 2 maande.

ChMum:
Hoe gaan dit met jou baba'tjie?

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 9 months ago #232896 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo ALmal

Eerstens..WOW CHMUM...veels geluk met die geboorte van Savanna. Ek hoop dat sy sommer baie vinnig sal groei en dat sy somme baie gou huis toe kan kom.

Jooste en Widget , eks bly om the hoor dat julle altwee goed doen.

Die hittie was darem baie erg vir my hierdie vakansie maar ek het baie gerus en lekker tyds spandeer met my gesin.

Ek was verlede donderdag by die dokter en als lyk goed met my seuntjie maar my vrugwater (amniotic fluid) is bietjie laag so ek moet baie water drink en dan moet ek weer die 23ste dokter to gaan om the check dat als ok is.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account