file March 2013 Mommies to be...

13 years 7 months ago #234189 by CHmum
Hi Almal

Hoop dit gaan goed met almal.

My baba dogterjie, Savanna is tuis!!! Na 2 maande en 1 dag in die Neonatal afdeling is sy uiteindelik tuis! Als gaan goed sy is nog maar bitter klein en weeg 1865g.

Lekker week vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 7 months ago #234085 by Widget
Hi almal!

Hoe gaan dit?

Werk julle nog of wanneer begin julle kraamverlof vat? Ek sal werk nog tot die 22ste Maart, maar het klaar ons ontvangsdame begin oplei om 'n deel van my werk te doen vir die 4 maande wat ek weg is....net vir ingeval.

Chumm gee ons asb 'n update van jou en jou kleinding! Hoop dit gaan goed?

Ek sien Nixie het haar babatjie ook klaar gehad - ek het dit toevallig op die Februarie thread gesien. Baie geluk nixie!! :) Wens ek kon my kleinding al vashou, maar vir eers is dit nog veiliger binne.

Ek het gister my hospitaal tassie begin pak en sal die naweek na die nappy braai al sy kleertjies en kombersies was en in die kas pak. Ek het nog nie sy kamer reg begin kry nie.

Ek stres bietjie daaroor, is almal van julle se baba kamers al uitgesorteer? :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233777 by Widget
Hi almal!

Ek volg almal se posts, maar kom net nie daarby uit om self ietsie te kom bysit nie. Ons was vir 'n week weg Umhlanga toe en ek probeer steeds alles opvang by die werk (ons het verlede week Maandag al terug gekom). Nie 'n goeie idee om net voor maand einde terug te kom nie!

Bly dit klink of dit goed gaan met almal :) My skoonsussie reel 'n 'Nappy Braai' vir die 16e Februarie - hierdie keer net familie. My babyshower met my eerste enetjie was 'n groot gedoente, en omdat die twee so naby mekaar is wil my skoonsussie hierdie keer net iets kleins reel.

Ek het sommer Nan gebruik met my eerste een toe ek opgehou borsvoed het. Maar ek het eers met my pediater seker gemaak en omdat my dogtertjie geen allergieë of maagprobleme gehad het nie, het sy gese ek kan sommer net vir haar Nan gee om mee te begin en dit het perfek gewerk. So ek sou se wag eers tot jou kleinding hier is, gee borsvoeding 'n probeerslag, en wanneer dit tyd is vir formule of jy wil 'top up' feeds doen, hoor by die pediater wat die beste is vir jou kind.

AFM, sukkel met morning sickness en moegheid. Slaap en sooibrand is darm nie 'n probleem nie, maar ek voel wel of ek vreeslik swaar drae. Ek voel baie 'vol' en ek weet regtig nie of daar nog plek is boetie binne my om nog te groei nie! Ek voel ook of ek die laast ruk alewig in my man se ore kla oor hoe ongemaklik ek is. Shame hy is so geduldig met my en so 'n groot steunpilaar. Ek sukkel om my kleinding te dra en om saam met haar op die vloer te sit en speel. Eenvoudige takies put my vreeslik vinnig uit en ek mis regtig daardie middag slapie wat ek kon vat toe ek swanger was met my eerste.

So die van julle wat nie 'n ander kleinding het wat julle besig hou nie nie, maak gebruik van die tyd om te rus, jou voete op te sit, en uiltjies te knip! :P

Ek her verlede week my 4D scan gehad, en kon baba boetie se gesiggie baie mooi sien! Ons kon ook net weer bevestig dit is definitief 'n seuntjie! Hehe. My dokter sien ek eers weer die 15e Februarie op 34+ weke. Nog 7 weke om te gaan en dit voel vir my nog so lank!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233752 by joo~ste
Hi almal!
Bly om te hoor dit gaan so goed met almal. Julle...ons tyd is darem nou naby!! Kan julle dit glo. Voel soos nou die dag wat ons die thread begin het. Ons baba'tjie het 2.077kg gewees op week 33 skandering. Vrugwater en plasenta en alles lyk nog wonderlik en hy/sy het ook reeds gedraai en le mooi reg. Ons is baie opgewonde.

Het besluit om borsvoeding 'n ordentlike "go" te gee en vas te byt vir 'n paar weke. Wil graag so vinnig as moontlik my lyf weer terug kry, want ons gaan weer tussen Okt en Des vanjaar vir ons volgende IVF vir baba nr. 2. Ons wil nie lank wag nie en gaan nie weer natuurlik vir jare probeer voordat ons die mediese opsies oorweeg nie.

As die borsvoeding dan nie werk nie - sal ek iets soos Novalac of so probeer. Goeie vriendin van my se baba is daarop en dit gaan baie goed met haar. Maar - dit gese - dink ek deesdae is alle formule melke goed om van te kies.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233517 by Angelique_Cole 22/10/2008
Nixie

My skoonsuster het vir altwee haar dogtertjies S26 gold gebruik en sy praat net goed daarvan. Jy gebruik minder scoop want die "scoop lepel" is groter as die gewone melke sin.

Maar ek verstaan wat jy sê daar is soveel om van te kies. Oh net 'n "tip". My skoonsuster se die beste plek om die S26 te koop is by Reggies want hulle is altyd die goedkoopste.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233483 by nixie
Hallo Anqelique

Ons was by Baby city biekie gaan formula uitkyk. met eerste kind was borsvoed net te stress vol en ek gaan myself nie weer daardeur sit nie alhoewel ek weet dis die beste kos.

Maar WOW wat n variety!!!! hoe kies mens??? met my seuntjie was daar Lactogen , NAN, S26 en Isomil.

Nou is daar 2 rye vol!!!!! Lactogen is goeie melk help om magies vol te maak = baba slaap vinniger deur....

Maar ek stel nou baie belang in die S26 Gold, biekie duurder as die Lactogen maar ek sien mens gebruik minder scoops teenoor lactogen. Ratio is 1 scoop op 60ml

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 8 months ago #233482 by Angelique_Cole 22/10/2008
Hallo almal

Dis weer wonderlik om van julle te hoor.

Widget jy is darem regtig mooi en so kleintjies.

Jooste ek kan ook nie wag om te sien of julle deel gaan wees van die pien of blou span nie.

Nixie ek's bly om te hoor dinge gaan beter.

AFM, baba het 2kg geweeg op 32 weke en my vrugwater is nog steeds min maar het gelukkig nie minder geword nie. Baba lê al kop af en baie laag so dishoekom ek ook baie "pressure" daar onder voel.

Otherwise all is well.

Dinkie ek gaan weer hierdie keer 'n babyshower het nie.

Nixie, met my vorige seuntjie het ek Nan gebruik en het geen probleme daarmee ervaar nie.

As die borsvoeding weer nie hierdie keer werk nie sal ek miskien Lactogen probeer. Want die dokter se die seuntjie is bietjie aan die maer kant so ek sal daarvan hou om hom 'n bietjie vet te voer.. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account