Hi Jooste,
My datum is die 26ste Maart - die keiser is geboek vir reg op my due date (40 weke) so ek het nog 'n tydjie om te gaan. Ek tel die dae en assesseer amper 'n bietjie obsesief elke skeet en pyn wat ek voel en wonder of dit 'n teken dat hy kom op sy eie! Babatjie het definitief die week ook gesak, wat nooit met my eerste swangerskap gebeur het nie so ek weet nie of dit beteken ek dalk in kraam in gaan enige tyd voor my due date nie.
Ja wat, soos jy sê, mens kom reg!

En ek is verseker nie die eerste nie, ek weet van vele mense wat 'n kleiner ouderdomsverskil tussen hulle twee kinders het as wat ek gaan hê. So ek sal dit vat soos dit kom. Weet nie hoe cope mense met twee of selfs drie linge nie!!
Maar ek kan met alle eerlikheid sê dat dit nie vir my baie maklik is om swanger te wees terwyl my eerste enetjie nog so jonk en afhanklik is nie... Ek onthou jy het gesê julle gaan vinnig probeer vir baba 2 so jy sal dit ook ervaar om swanger te wees met 'n kleinding op jou heup. Sal baie graag wil hoor hoe dit vir jou is

en ja hopelik kan ek van hulp wees met 'n paar tips as ek nie dan al die hase pad gevat het nie