Good morning everyone!
Hope everyone had a good, week, Friday at last!
Ek wil nou nie grappies maak nie maar ek voel werklik julle pyn met die sushi. Het ergste cravings en wil nie eers veggie probeer nie want ek sal grumpy met ML wees omdat hy vis kan kry, hahaha! Maar tempura kan ons darem nog doen, en 'n prawn tempura doen darem ietsie vir die siel. Ek sondig ook maar nou en dan met coke. Die kaffeine is nou nie so bad dat dit iets sal doen nie, veral as ek die res van die dag niks met kaffeine drink nie, maar ek probeer maar die suiker watch (weke doen ek heel goed, naweke kry ek dit nie reg nie! Wil net koek en soetgoed he). Maar ek dink nie dit sal doodmaak nie, solank mens alles matig doen.
Nadia cute pics

glad all went well!
Ai MommyMe, jammer om te hoor

het jy al weer die dokter gebel? mens moet maar nie skaam wees om te vra nie, hulle word tog genoeg betaal. En ek stem saam met jou, vat dit maar eerder rustig, mens kan werk altyd weer opvang. Hou ons maar op hoogte! Wens die dokters kan nou uitfigure wat aangaan, dis nie lekker om nie te weet hoekom nie.
AFM dit gaan met my bietjie beter. Het vir 'n paar toetse gegaan die week om te sien presies watter kiem ek het, want ek kan nie die antibiotika gebruik wat ek gewoonlik het nie omdat ek swanger is, en ek kan ook nie penicillin gebruik nie. Het op die ou eind 'n taamlike resistant bug, wat verduidelik hoekom ek gesukkel het om hom weg te kry in die verlede, en gelukkig is die mees effektiewe behandeling vir dit iets wat ek kan vat. So ek het gisteraand die tweede dosis gevat, hoop nou dit doen sy ding, want ek is moeg van elke 30min wakker word van nierpyn. Ek en ML het 'n taamlike action-packed naweek wat voorle, daars vanaand 'n night market op die natuurreservaat hier in Century City, wou nog altyd gegaan het, en more screen 'n film wat ek aan gewerk het by kyknet se silwerskermfees in Kampsbaai, so ek gaan moet kyk watter een van my rokke ek nog inpas

Voel ook asof my magie die afgelope 2 weke net ontplof het, voel nou baie swanger!
Hoop dis 'n lekker kort daggie vir almal.