Hbw, aan die begin van my swangerskap het my dr al vir my n info sheet gegee oor wanneer watter scans is en hoeveel dit kos ens, en daarop het gestaan dat sy en die ander ginekoloe oor naweke roteer

So maw as ek in kraam gaan op 'n naweek wat sy nie aan is nie, dan gaan dit n ander dokter wees! Ek kan dit verstaan, hulle moet ook af he, maar yikes ek sal ook redelik gestres wees as ek met vreemde persoon moet deal - my dokter weet ek is vrek bang vir alles wat met naalde en hospitale te doen het, ek voel net baie meer gemaklik met haar. Ek sal maar moet knyp as baba op n naweek wil kom, ek ken glad nie die ander dokters daar nie!!!!
Ek het nou weer op Moomie n search oor my dokter gedoen, lyk my meeste mense se sy verkies normale geboorte tensy iets fout is, dis seker hoekom sy nog nie vantevore spesifiek daaroor gepraat het nie.
Ek is maar bang vir albei opsies en het gister vir my man gese ek het nou maar besluit ek doen nie goed met keuses nie, so ek moenie n keuse he nie - sy moet vir my se wat sy dink sal werk en wat nie.
PS, weet julle of mens daai growwe sout of whatever waarin mens moet bad moet saamvat hospitaal toe? Of gee hulle daar vir jou? En is dit 'n spesifieke soort sout wat ek moet kry, ek weet glad nie?? Sal dit ook vir my dokter vra maar dog ek hoor solank hier!