heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 4 months ago #259808 by LizeMari
Replied by LizeMari on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hoop nie die uitslae vat te lank nie....laat weet ons dadelik as jy meer weet

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/TikiPic.php/3WGkPmT.jpg" width="60" height="80" border="0" alt="Lilypie - Personal picture" />lbdf.lilypie.com/3WGkp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #259806 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
LizeM, ja ek is RH negatief - het toe inspuiting gehad en met my laaste besoek moes ek weer bloedtoetse laat doen om te kyk of ek nie antibodies gemaak het nie (die inspuiting keer dit in meeste gevalle). Toe laat weet dokter Woensdag my toetse is normaal, maar Donderdag het sy voicemail gelos dat ek dringend v nog bloedtoetse moet gaan - ek kon nie self met haar praat nie so ek weet nie rerig wat aangaan nie. Op die vorm wat sy v toetse ingevul het staan net "antibody identification"...

3xmom, dis nou rerig sleg oor jou skoonpa se kar! En as ek jy is laat weet ek die UIF mense dat die man weier om dit vir jou te gee!!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #259794 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
hallo julle!

ek voel so half vandag. my foon le op charge by die huis vergeet... eish, nou kan ek niks volg nie, behalwe hier.

hoop dit gaan goed met almal.

Irene, ek hoop jy kry skoene wat werk. En ek hoop ook dat die bloed toets uitslae nie te veel stress op jou gaan sit nie, en dat dit nie slegte nuus is nie.

Julle wat nou met die laaste paar daggies se seer sit, sterkte, ek voel saam julle, hulle reken omdat dit my 3de swangerskap is, ek van die pyne en skete vroeer voel omdat my lyf basies nou al ge'programmeer' is daarvoor. :blink:

Vandag is my mannetjie woes besig, al van 2 uur vanoggend af, ek het niks geslaap van daar af nie, so eks lippe teen die klippe nou. ek sukkel maar nogsteeds met die seer keel, en sinus hoofpyne, my stem wil wil ook weg gaan en die hoes het my nou al so seer op verskillende plekke dis net nie lekker nie. ek het nou lunch tyd gou vir my 'n groot bottel lemoensap gaan kry om te kyk of ons nie daar iets reg kry nie. tot ek eendag by die apteek kan uitkom vir meds.

So my vorige baas het terug gekom en my sommer net ingelig dat hy die dokument aangestuur het vir die ouditeure :headbang: :headbang: :headbang: hoekom weet ek nie, hy weier volstrek om vir my die dokument self te stuur. gelukkig het ek 2013 en 2014 se IRP5s ek kry net nie 2011 en 2012 sinne nie... maar blykbaar kan ek die UIF kantore ook bel en hoor of ek ooit geregistreer is en of hy ooit oorbetaal het. ek is so die duiwel in vir hom ek kan dit nie beskryf in ordentlike woorde nie. :angry:

hoop julle lang naweek was darem lekker, ons was Donderdag by Christo se sport dag en toe begrafnis toe (ML se tannie) en toe by die begraafplaas steel hulle toe my skoonpa se kar :headbang: hoe flippen laag moet mens wees om dit daar te doen wil ek weet, almal om my is soos, ag dit gebeur, dit is nou maar so, maar dit lyk net vir my of dit net ek en ML is wat vang wat gebeur het, en wat kwaad is daaroor. dit was 'n 1974 Mercedes benz in 'n ongelooflike goeie toestand, dit was my troukar en 'n kar wat my skoonpa by sy pa gekry het. so vir my is daar sentiment aan, maar die res van die familie deel nie die sentiment nie :cry:

ag en verder het ek geslaap en kerk toe gegaan en geslaap....

vandag is maar 'n stadige dag, ons wag vir antwoorde op die groot projek so nie te veel om te doen vandag nie. darem een skets om klaar te kry, wat ook nou so te se daar is...

julle moet 'n heerlike middag he verder!!

:heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #259786 by LizeMari
Replied by LizeMari on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Wat is jou bloedgroep Irene??? Negatief? As dit is, is die bloed mos maar vir die RH en blou baba inspuiting? Het jy dit al gehad?

Ek dink nie jy moet te bekommerd wees nie jou dokter sal jou seker dadelik laat weet het as dit baie ernstig was!

Glo als gaan ok wees. My volgende afspraak is die komende Donderdag.

Ek weet mens moenie, maar ek bid die daggies om tot Leah kom en dit voel net of dit al langer en langer vat!

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/TikiPic.php/3WGkPmT.jpg" width="60" height="80" border="0" alt="Lilypie - Personal picture" />lbdf.lilypie.com/3WGkp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #259767 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ai jammer jul so seer. Ek sukkel met die seer bene en voete. En iemand so paar maande terug vir my hier voorgestel om in Epson sout te bad. Dit werk regtig vir die seer lywe. EK gister net my voete in warm epson sout gesoak en kon die verskil duidelik voel.

Probeer n lou warm bad met n koppie epsom sou daar in en soak vir so 10min , gaan klim dan in die bed.

Ek vanaand weer n helse gejaagde aand. Moet by ante natal wees 6 uur en kom eers 5uur by huis dan moet ons nog eet. Gehoop kan vroeer wegglip maar my back up nie hier vandag nie so is stuck op kantoor heeldag. As die week eers so begin dan moet jul weet......

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #259762 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Urgggg, my vingers/hande is net so seer, nogsteeds :( Kan nie eens n deurknop behoorlik draai nie! Maar die ergste is my voete en enkels, julle wil nie weet hoe dit lyk nie....en dis hoe ek wakker word! Ek hoop dis normaal, my nefie se nou vir my dis gevaarlik as jy ook hoe bloeddruk het (ek het nie) of proteine in jou uriene...dit sal ek nou nie weet tot Vrydag nie, maar met my laaste afspraak was dit normaal.

Ek wil nie rerig kla nie want tot dusver het ek rerig n goeie swangerskap gehad. Maar ek kry myself tog bietjie jammer nou met die hande en voete storie, dis bitter ongemaklik en seer. En LizeM, ons het een van daai diep baddens wat op pootjies staan, en kan nie meer lekker in nie so ek moet maar stort. Ek het gister vatdoeke natgemaak en om my voete gedraai, het beter gevoel, maar nie beter gelyk nie!

Ek werk hierdie week halfdag, wat darem help, maar dis steeds erg om van parkeerarea tot hier te loop - wat my laat wonder hoe ek groceries gaan doen! My man sal my enige tyd help daarmee, maar hy werk lang ure en ek wil nie noodwendig vir hom wag nie - plaas ek het nou vooraf hieraan gedink en in grootmaat gaan goed koop - my koskaste is leeg!!

Verder stres ek myself natuurlik dood oor daai bloedtoetse wat ek Donderdag moes laat doen. Steeds geen idee wat presies dit voor is nie, weet net dis iets te doen met die Rh van my bloed. Hoop net nie dis n geval van die inspuiting wat nie gewerk het nie en ek nou antibodies gemaak het nie ;(

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #259760 by LizeMari
Replied by LizeMari on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
~Irene,
Ek het ook nou daai seer fingers waarvan jy gepraat het, dit voel of ek met vuiste geslaap het en ek kry erge skietpyne in my bene. My man moes my Saterdag aand in n warm bad sit en ek was in trane. Het dit al vir my dokter genoem, maar hy se dis normaal en kan niks daaraan doen nie. Hoop nie dit spoil die laaste paar weke vir my nie!

Verder het ek n truckload werk wat moet klaar voor ek kan waai by die werk WHOOPSIE :cry: :whistle: :woohoo: :side:

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/TikiPic.php/3WGkPmT.jpg" width="60" height="80" border="0" alt="Lilypie - Personal picture" />lbdf.lilypie.com/3WGkp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account