Ek so lanklaas hier ingeloer. Het gedink dit gaan feeste by die werk wees om te oorhandig aan die ander dame, maar dis asof ek nou harder werk as ooit. Kom net nie by alles uit nie. Ek teveel van n perpeksionis en hands on, so sukkel om te let go.
Anyways, ek positief Zettie en haar kleinding gaan 100% wees. Sy nou in goeie hande en ons almal hou hulle in ons gebede.
Ek die laaste paar dae ook maar onseker, die kleinding was verlede so woelig en iewe skielik amper niks nie. Ek raak frustreerd as sy my so skop, maar jinne die stres loop hoog die oomblik wat sy glad nie beweeg nie. Vanoggend maar gou weer na hartklop geluister. Sy was so min impress met ons, sommer een harde skop gegee. Ek ook maar baie skerp pyne aan die onderkant, eers regs gehad en toe links, maar dit hou glad nie lank nie dan dit weg. So dink dis windtjies, maar is partykeer so vrek seer ek begin sommer kar sleutel soek om hospitaal toe te gaan. Swangerskap my regtig paranoid gemaak.
Het gister my Dischem sak gaan haal. Ek moet se, baie impressed. Ek seker die blyste oor die maternity pads wat daar in is. Hul darem aan mamma se benodighede ook gedink. Maar ons nou 3 doek sakke. Myne, Pappa en nursery elke hul eie. Weet nie hoe mooi dit gaan werk nie, maar ons gaan alles van die mou afspeel. Ons gisteraand die laaste van al babs se goed weg gepak en het in absolute verwondering gesit en kyk wat ons nou al alles bymekaar gemaak het. Was skoon oorweldig oor al die seeninge, die kamer is vol en lyk net te pragtig. n foto kan dit nie beskryf nie.
Winter klop aan Durban se deur vandag, en natuurlik omdat my swangerskap 100% in my boude en heupe sit het ek NIKS winter klere om aan te trek nie. So gaan bietjie shopping gaan doen na werk en vir my werks rompe aanskaf met lekker lang truie wat oor die boude hang. Gehoop ek gaan kan uithou tot bietjie later maar nou ja, hopelik kan ek so koop dat ek die klere kan dra na sussa gekom het. Sommer by Hub en Jets invaar.
Maar ja, hoop almal het n feestelik dag en veilig wees.