heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 4 months ago #260659 by yellga
Replied by yellga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Geluk aan almal wat al hulle bondeltjies ontmoet het! Dit voel daar lê nog 'n laaaaaang pad vir die res van ons voor...

Ek wil net hoor of julle ook ondervind het dat baba se beweging bietjie afskaal hier na 34 weke. Ek was nou al vroeg vanoggend op 'n monitor om te check dat baba nog okay is en haar hartklop was piekfyn. Haar beweging het net eweskielik drasties afgeneem. Ek wil nie onnodig dokter toe hol nie. Kan dit wees a.g.v. die min spasie? Of dat sy net nou vir langer periodes slaap?

Is ek net paranoid?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #260625 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Baie geluk Irene met Annabel se geboorte!!

ons het 'n hatrick!!

Marie (moepsie) - 16 Mei - Lee-chelle
Lizemarie - 17 Mei - Leah
Irene - 18 Mei - Annabel

Baie geluk julle! Julle maak die res van ons wat nog nie 'daar' is nie sommer broeis :P ;) :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #260543 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Baie Geluk Lizemari met geboorte van jul ding. Sy is absoluut pragtig en bly dit gaan goed met jou en Marie na jul "uitputtende" naweek.

IRene is huidiglik opgeneem, baie sterkte. Weet sommer alles gaan goed verloop.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #260528 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Welkom Yellga, moenie worry oor nie girlie girl te wees nie. Jy gaan daai patroontjie so lief he en jy vat alles soos dit kom. Ek worry net dat ons meisiekind my man se geduld sal he. ek ook maar geworry toe ons hoor ons kry dogtertjie want ongelukkig het ons n paat mediese probleme en erg hardegat geit wat deur die genrasies aan my kant oorgedra word. So ons hoop ons breek die DNA strepies so bietjie met ons meisiekind anders le daar harde klippe voor om te kou.

Ek maar nogsteeds besig met oefening om kleintjie te try draai. En dink dit werk want sy skop en trap en maak my erg eina, slaap baie min en weet nie meer hoe om te sit nie want sy vang my ribbes. Solank sy net draai. Darem net 8weke uithou vir my en whoop net ses weke van werk oor. Ek kan nie wag nie. Wens kon vroeer agfaan. Maar moet maat nog so bietjie deur druk.

Weereens baie geluk Marie met jou liefie se geboorte. Mag sy vir julle al die geluk in wereld bring. lizemarie dink aan jou en sterkte.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #260525 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Geluk met Lee-chelle se geboorte Maries! En sterkte LizeM!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #260523 by Lagogies
Replied by Lagogies on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Welkom yellga

jip join ons op whattsapp

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #260520 by yellga
Replied by yellga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Om julle vining op te catch met my info:

Ons het ń dogtertjie oppad wat my nogal effe histeries maak omdat ek nooit ń"girlie girl" was nie. Ek stres nou al oor of dié madam van pienk en frilletjies gaan hou want dan is ek heel uit my comfort zone :blink:

Ek bly in Brackenfell in die kaap se noordelike voorstede en gaan by Mediclinic Durbanville kraam. Op hierdie stadium is die plan nie om aspris ń keister te hê nie, maar as baba te groot is of daar is ń mediese rede hoekom ek gesny moet word, dan is dit nou maar my lot.

Tot op hede was my swangerskap maklik volgens diegene wat reeds daardeur is - niks naarheid, cravings, aversions, swelling, sooibrand, ens. nie.

Die plan is om te borsvoed en aangesien ek al rondom 23 weke begin "lek" het :blush: dink my dokter nie ek gaan probleme met supply hê nie.

Ek sal my inligting op die spreadsheet invul en vir Gogga opspoor om by die whatsapp groep gevoeg te word.

Lekker naweek!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account