More more,
amper Vrydag
Ek is 'n keiser mamma, hierdie sal my 3de keiser wees. Oudste en (huidige) jongste was spoed keisers. en altwee op 37 weke en 'n paar dae gebore. my keiser is nou geboek vir 38w6d. maar ek dink hierdie boeta gaan vroeer kom ook op 37 weke, wat awesome sal wees as hy op 37w op die kop kom dan sal dit ML se verjaarsdag wees.
Ek het met altwee die oudstes Huggies gold gebruik in die begin en dan wanneer hulle ouer word die Pampers Active baby of die sleep & play gekoop. ons het maar altyd uitgewerk wat die doeke kos (R? per doek) en dit van daar gevat.
Met my oudste kon ek net vir 3 weke borsvoed, die (huidige) jongste 3 maande so ek hoop met die ene sal ek darem bietjie langer kan gaan. my (.)(.) is maar nog al die pad baie seer ek stort tot versigtig en het vir my sport bras gekry want die met die drade in maak baie seer. het by ackermans sommer 2 vir R120 gekry. baie gemaklik geen drade, geen hakkies ens. so terug by die punt, ml se hy dink hulle is groter want ek is swaarder op die melk so ons gaan seker langer borsvoed

ek hoop nie ons bars sy bubble nie as dit nou nie so uitwerk nie.
ons bly in 'n 80 vierkante meter plekkie 2 slk en 2 badk. so ek het nie 'n ekstra kamer vir die kleinding nie. so die kot ens gaan vir eers in ons kamer staan. so ek het ook nog niks gedoen tov baba kamers ens nie. ek het ook nog nie deur die ou goed gegaan om te kyk wat ek nog kan gebruik en wat nie. ek het nog net die geskenke wat ek gekry het in swartsakke toe gedraai want ons bly op 'n plot en dis woes stowwerig. so eks net bang dit raak vuil. sal dit weer skoonmaak wanneer nesting inskop of wanneer ons dalk trek - wat ookal eerste kom. ML het juis gister aand gese ons sal moet dink om te trek. so ek hoop dit kom eerste voor baba of nesting!
my groot seun se eerste dag by die skool het sonder enige skete verloop. hy was net dissapointed omdat hulle net 1 pouse gehad het, maar vandag het hulle darem 2. hehe, en vandag begin hulle met atletiek, ons het huis sport vir die gr1 en gr 0 Maandag. ek sien nogal uit daarna, hy is nogal 'n verskriklike kompeterende ene, so ek hoop maar hy doen goed.
wel julle ek sal moet begin wegspring en werk. ek is so vaak sal eerder nou net wil gaan slaap!!
Lekker daggie
tarra