heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 9 months ago #253809 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
awww Ilse, ek begin meer en meer hoop myne is ook pink!! daai beddegoedjies is te blerrie cute!!

MammaO ek gaan die koeksoda definitief probeer. ek het gesukkel met sooibrand met my 2de swangerskap maar dit was niks in vergelyking met dit wat ek nou het nie. ek het 'n vae suspisie dat dit dalk erger is omdat my galblaas nie meer daar is nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253808 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
O ja, het ook genoem dat ek haar nog nie voel nie, toe sê die dr dat die plasenta voor lê, so sy het die ekstra barrier om deur te skop. Sy verwag ek sal haar dalk eers teen 23-24 weke voel.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253807 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal

MO - baie geluk met jul herdenking gister, hoop dit was 'n baie romantiese aand gewees!

3x mom - jammer, dis nou die een simptoom wat ek nog nie gehad het nie, so ek kan ongelukkig nie help met raad nie.

Ons scan was baie lekker gewees - hartkloppie 140 bpm, nogsteeds PIENK, sy wou nie juis baie beweeg nie ten spyte van my pogings vooraf. So van die metings was moeilik om te neem, maar die dr is tevrede met alles. Kon so mooi haar bene, tone en vingertjies sien. So blerrie cute! Na die tyd wou pappa weer gaan shop, so ons het nog beddegoed gekry.

Ons het vandag ook 'n paar scans, hoop die mense kom vertel ons wat aangaan!






Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253806 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi 3xmom. Ek weet nie van adco medigel nie, maar ek weet Eno Tums werk vir my, of as ek niks anders het nie, 'n kwart teelepel koeksoda in 'n halwe glas water... Baie sleg maar dit werk. Sterkte met die sooibrand, dis horrible!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253805 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Julle!

Hoop dit gaan goed?! Sjoe nog net een daggie dan is ek ook uiteindelik op verlof, ek kan so nie wag nie!!

ek het nou raad nodig, ek sukkel die laaste paar dae met 'n verskriklike sooibrand wat net nie wil weg nie. rennies help nie, gaviscon is horrible om af te kry, nou wonder ek het een van julle dalk raad, kan mens adco medigel drink? Melk help ook nie meer nie en ALLES gee sooibrand. ek het ook vir die eerste keer gister aand gesukkel meet insomia, ek was wakker van 12 tot 3 en weer op 5:30, vandag gaan 'n laaaaaang dag wees, en oop plan kantoor is nie die beste plek om 'n power nap te vang nie :P

baie geluk aan almal wat nou al kon sien of dit pink of blou gaan wees! ek sal seker eers 7 jan kan sien, dan is ek so amper 17 weke.

julle moet 'n lekker daggie he!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253803 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi almal, hoop dit gaan goed! IreneL en Twinkle, baie geluk met goeie scans :)

Amper Kersfees ne! Ek kan nie glo die jaar amper weer verby...

Ek en my man is vandag 3 jaar getroud, en hy gaan my vanaand bietjie uitvat vir ete :) Hy is baie liefdevol vandat ons uitgevind het daar is 'n bondeltjie oppad!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #253801 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twee fototjies wat ek gister geneem het - 20w3d (gister) se bump gewees. :silly:



Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account