heart Mei/Junie 2015 Mammas!

10 years 11 months ago #268706 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek kan geen fotos gelaai kry nie :cry:

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

10 years 11 months ago #268705 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Wow drie tande! Ek het nog nie rerig enige tekens van tande bespeur by Annabel nie, sy is nou vandag mos 23 weke oud, nou die dag 5 maande oud gewees. Sy kou baie haar hande, maar verder nog geen tekens nie! Weet wel babas verskil wat tande kry betref, so sal maar sien wanneer sy begin!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

10 years 11 months ago #268704 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek is met jou Irene - ek dink ook mens is so mens of jy is nie - en ek glo ek is so tussen-in :silly: . Ek mis dit regtig glad nie - it was fine while it lasted, maar dis dit.

Anika eet ook te heerlik 3x dag, sy het al 2 tande en die 3de een behoort binne die volgende dag of 2 deur te breek. Sy is vandag 29 weke en sal volgende Vrydag 7 maande wees.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

10 years 11 months ago #268703 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Oe nee Annabel is al grootste deel van haar lewe op blikmelk en sy eet ook nou al mooi, oggend en middag by die skool en saans by die huis. Ek het niks van borsvoed gehou nie en ek dink regtig ek sal dit nie volgende keer weer doen nie (gasp!). Jy is of so mens of jy is nie, ek dink op die ou einde moet jy darem 'n positiewe gemoed kan he om met baba te werk, en ek sou beslis 'n negatiewe gemoed gehad het as ek moes aanhou, dit was net nie vir my! Maar ek weet ook van twee vriendinne wat elk amper twee jaar geborsvoed het en hulle was weer mal daaroor soos Marie, so mense en ervarings verskil.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

10 years 11 months ago - 10 years 11 months ago #268702 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ja kyk, niks lekker om so te swel en seer te he nie. Ek was ook na die geboorte nog erger (nie geweet dis moontlik nie) geswel, maar dis maar agv al die vloeistof wat in mens gepomp word saam met die hoe bloeddruk.

Nee gits ek sal raak aan 40 as ek wag vir 'n 5 jaar gap :blink:

Ek het Anika vir 21 weke ekslusief geborsvoed, toe begin sy vastekos ook eet en ek het bietjie formule as byvoeding begin gee, maar sedert sy so 24 weke is, is sy nou net op formule en vastekos.

Ek moet se, dit was vir my lekker, maar ek mis dit nie nou om nie te borsvoed nie.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

10 years 11 months ago #268698 by moepsie
Replied by moepsie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ek het nie gesukkel met swelling met swangerskap nie en ook nie na die tyt nie ek is nogal gelukag om so maklike tyt te gehaat het met swangerskap en na die geboorte. ons is nog jonk ja in die 20 en ek sien dit so dan kan die een haar min of meer self help en is dan van doeke ens af dit help nogal

wie borsvoed nog ek borsvoed nou al vir 5 maande 1 week en 3 dae en dit bly vir my lekker ek sou dit nie anders wou he nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

10 years 11 months ago #268695 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ja ek moet se, daai swelling na die geboorte was iets verskrikliks, my bene het soos boomstompe gelyk, en ek sien nou op fotos van die tyd in die hospitaal - selfs my gesig en neus was geswel! Ek was ook toe op die pille vir 4 weke. Ek het op n oorseese forum gelees party mense is vir nog maande na die geboorte so geswel! My dokter het gese die bloeddrukpille help darem daarvoor ook. Die eerste dag in die hospitaal kan ek onthou ek kon omtrent nie smse lees nie so swak was my oe - op daai stadium het ek nog gedink dis die pynmedikasie wat dit doen, maar dit was heel moontlik die hoe bloeddruk.

Haha Marie, sjoe, 5 jaar gap! Is dit maar oor julle nog jonk is, of sommer maar net?

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:
The following user(s) said Thank You: moepsie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account