Ek was mos weer mal daaroor om swanger te wees, haha, enigste slegte deel was die sooibrand van week 5 tot 39, maar ek was al so gewoond daaraan teen die einde. My grootste issue was eintlik maar toe ek in die laaste week baie hoe bloeddruk begin kry het wat toe na die geboorte vererger het en my vreeslik laat swel het, maar die bloeddruk pille het dit toe gehelp. Dink jy het mos voor die geboorte hoe bloeddruk gehad? My ginekoloog se baie klein persentasie vrouens kry dit net voor die geboorte en dan hou dit aan na die geboorte.
Hulle se nou wel nie een swangerskap is dieselfde nie, so my volgende een kan dalk nie lekker wees nie, maar ek sien op die stadium sommer enige tyd weer kans

Ek sou ook graag 'n twee jaar ouderdomsverskil verkies, nie groter nie. Mens kan die goed mos nie presies beplan nie (ek weet van mense wat maklik swanger geraak het die eerste keer, en toe weer vier jaar gesukkel het), maar dis die idee, so ek sou se ook enige tyd van Junie of so af. Ek word self die naweek 31 en my man oor twee weke 36. Geld is natuurlik ook 'n kwessie, so moet dit ook in ag neem (as ek nou kyk hoeveel skooltjies vir een baba kos!), maar ja, dis hoe ek dit graag sal verkies.
Jong, toe ek aanvanklik na die eerste skooltjie gaan kyk het, was ek net so bly ek het 'n skool gekry wat eers 6uur toemaak. Nie dat ek haar tot 6uur by die skool los nie, maar ek kom eers so 5:15 daar, so die skole wat almal 5uur toemaak is net net te vroeg vir my. Die disaster skooltjie se tye was 6:30 tot 18:00. Net voor ek na die skool gaan kyk het, was ek by 'n ander een wat my min beindruk het, te veel babas en die twee dames wat na hulle kyk het min lus gelyk. So toe ek net daarna na die disaster skooltjie kyk, was ek net so bly dat die twee vroutjies wat na die babas kyk, vriendelik lyk, dat ek nie rerig na ander eienskappe gekyk het nie. So toe ek die eerste dag met Annabel daar opdaag so 6:50 (wou vroeg gaan om eers bietjie met die juffrou te gesels en so), toe hoor ek vir die eerste keer nee, al maak hulle 6:30 oop, kom al die onderwysers eers 7:30, 7:40, en twee van hulle roteer weekliks om 6:30 in te kom en dan na AL die kinders (verskillende ouderdomme tot en met 6 jaar) te kyk in EEN vertrek. Ek was dadelik min impressed, want daar is nie n manier dat ek Annabel elke oggend by vreemde mense los tussen n spul ouer kinders nie, sys nog nie eens teen als ingeent nie. Verder het ek ook gesien hoe een baba in die vertrek op een vrou se skoot sit en n ander een alleen in n pram, terwyl die vrou na al die ander kinders ook moet kyk. Toe ek vir die een vra nou wat as Annabel bottel wil he of n vuil doek het, toe kyk sy my aan of ek Grieks praat en se dan moet sy net bietjie wag tot die juffrou kom

Toe het ek maar besluit om haar eers 7:30 te vat as die juffrouens daar is. Maar dit was nie die enigste issue nie, in die week wat sy daar was (gelukkig net halfdag want ekt die eerste dag net halfdag gewerk) het ek besef maar daar is NIKS speelgoed in die klas nie, net vyf bad-speelgoed hier en daar. Geen matjies om op te sit of le nie, net so klein donut kussing in die kleinste play pen waaraan jy kan dink, wat almal nou blykbaar moet deel. Daar was ook meer babas as wat hulle aanvaklik vir my gese het, nege saam met Annabel! En die laaste strooi was toe ek haar een dag oplaai en gese word dat sy nou haar ekstra stel klere aan het, want "die bottel het haar natgemaak"....toe ek by die huis na die nat klere kyk sien ek dat haar klere papnat van melk is voor en agter - die enigste rede waaraan ek kan dink is dat hulle haar alleen laat le en drink het deur die bottel te stut, en dit het natuurlik omgeval en haar natgemaak. Ek was woendend. Net daar besluit om haar dadelik te probeer skuif, ekt haar die Vrydag saamgebring werk toe en sy kon gelukkig die Maandag by die nuwe skool begin. So dit was n baie duur les gewees!