More more!!
Gogga, sterkte met jou scan vandag. Dis mos jou eerste? Kom laat weet ons asb as jy klaar is.
Ilse, ek wil net so graag 'n nuwe bed hê, maar soos jou man, sê myne ook ek verbeel myself. So, dit gannie gebeur nie.
Kannie glo jy is al 17 weke nie. Amper halfpad!!

Ek het
nog steeds niks vir hierdie dingetjie gekoop nie, nie eers 'n nappy of n frokkie nie. Weetie wat gan an met my nie. Mar as ek nou eers die geslag weet, beter die winkels pasop!!
3xmom, ek hoop die mislikheid raak beter vir jou. Ek wil nou nie weer myself jinx nie, maar so far so good. Myne is amper heeltemal weg. Ek voel nog net 'n bietjie weird in die aand, nie naar nie, maar nie soos my normale self nie.
Ons het ook nog nie regtig ernstig name bespreek nie. Maar ek dink as ons ook net eers weet wat dit is, sal dit in alle erns begin. Ek dink seuntjie naam is so te sê besluit, maar dogtertjie naam is heeltemal oop.
Julle, ek wil nou nie snaaks wees nie ne, maar dis weird hoe baie ek al wys. Dis soos 'n hele ronde pens. En ek's nou eers 11 weke. Ek sal Sondag op 12 weke 'n foto neem om vir julle te wys. Vir myself en in my gewone klere lyk dit net vir my vet, maar toe eergisteraand gan pas ek my suster se maternity klere aan en toe kan ek actually sien dis nie 'n vetrol nie, maar 'n ronde bolletjie maag!!

My ma sê sy het ook so vroeg gewys, so ek weet nie. Dis net weird vir my. My suster het gelyk soos ek nou lyk op soos 20 weke of iets stupids.