heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 10 months ago #253024 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek dink ook seuntjiename is baie, baie moeiliker! Daar is so min wat mooi klink in Afrikaans, en die wat doen, is al holrug gery... Elke 2de seuntjie het dieselfde name! Ek gee buitemuurse klassies op die oomblik en sien dieselfde Afrikaanse name oor en oor. Ek het alklaar besluit op 'n paar mooi meisiename, en so een of twee seunsname ook, maar het die dillema van die pappa se naam wat al generasies af vir die eerste seun gegee is, so die hele skoonfamilie gaan verwag dat 'n seun sy pa se name moet kry. Ek hou nie van familiename nie, en wil nie vir pa of seun roep dan kom altwee aangeloop nie... Ai dis moeilik! Ons weet darm nog nie wat dit is nie, maar net vir daai rede hoop ek baie hard vir 'n dogtertjie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253023 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene en Haffie - ja, die name is moeilik. Ek wil glad nie familiename of meer as een naam nie. Ek dink ek het my man nou oortuig. So ons lysie wissel van Emma, Simoné, Salomé, Esmé, Yvette, Zilia, Adéle, Anneke, Annemi. So dis nog in 'n vreeslike besluit-stadium. Vir my is dit hierdie helse besluit en my man is net van, kom nou, kom ons kies 'n naam....

Haffie - ek kry elke 2de/3de dag fisioterapie met naalde, so dit lyk ook nie asof dit help nie. Jy is baie braaf om perd te ry - geniet dit! Bly jou naar word ook nou beter.

Irene - ek dink nogsteeds seuntjiename is moeiliker ;-)

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253021 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Tien uit tien vir die spreadsheet idee. Ek dink die volgende groepe gaan volg - Trendsetting MO!

oooooh mauritius!! Lekker jaloers - 'n vakansie sal so great wees!! Maar huislenings het 'n manier om al die finansies uit te put...Lekker shop daarvoor!

Kannie glo julle is al op name kies stadium nie, dis baie exciting! Gaan julle tradiitioneel, familie, iets heeeeeltemal anders??

Ek begin nou stadigaan minder naar episodes hê, so dink ek wil nou weer my perd begin ry (dit het my vreeslik naar gemaak so ek het dit heeltemal vermy).

Sterkte met die kopseer Ilse! Miskien kan acupuncture help?

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253019 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ilse, aan watse name het julle gedink? Ekt eers gedink meisiename gaan baie makliker wees as seuntjiename, maar sjoe, dis eintlik maar net so moeilik!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253018 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More dames

Hoe gaan dit vandag? Ek het weer met die vreeslike kloppende kop vanoggend wakker geword, maar dis nou nie juis meer nuus nie.

MO - baie dankie vir die spreadsheet, dis baie oulik!

Dankie, ja, lyk darem asof pappa nou oor die ergste skok is van die dogtertjie-nuus. Ons moes gisteraand lysies van name maak en hy wou 'n naam hê sodat hy met haar kan gesels met haar naam. Gisteraand selfs vir haar 'n storie gelees.

Ai Irene - hierdie swangerskap doen dinge aan mens se lyf, dis beslis nie meer jou eie nie.

Hierdie naweek moet ek bietjie shop en regmaak vir Mauritius! :woohoo: B)

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253003 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Andie, ek was ook by Dr Muller se praktyk vir die scan, die vroutjie wat dit doen is baie oulik! Ek gaan weer in Januarie vir die 20 weke ene, ook by hulle.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253002 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sjoe nou is ons lysie sommer lekker vol :) Hbwoman56, ek sien nie jou goed daar nie, sal jy byvoeg?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account