heart Mei/Junie 2015 Mammas!

12 years 1 week ago #252941 by wanda
Replied by wanda on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi Dames

So bly om te sien die groep groei so mooi

Ek is nie swanger nie maar het n vraag vir die dames wat wel swanger is

Het enige van die dames wat op die groep swanger is gegaan vir IVF en waar het julle gegaan daar voor

Ek het n vriendin wat my genader het sy wil weet waar is die beste kliniek darvoor en wat was julle onkoste verbonde aan dit

Hoop vir elkeen n geseende 9 maande

Lekker week verder

Me - 34
DH - 30

TTC #2 - 8 Years
1 DD - 17 Years
Love my Girl children are worth more than GOLD

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #252932 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi almal, my scan het baie goed gegaan! Ek is so bly ek het daarvoor gegaan, was so oulik om als te sien. Tot dusver lyk als mooi gesond. Lyk soos 'n dogtertjie, yay! Baba het rond gehop wanneer sy moes stil lê en stil gelê wanneer sy moes beweeg :p En tot op 'n stadium op haar sy gelê sodat mens haar boudjies sien, te cute! Nou is my volgende scan 12 Desember by my gewone ginekoloog en dan 6 Januarie vir die 4D ene by die dokter by Panorama. Sien baie uit na als!

Ek attach foto's vir julle :)

PS, wie se scan was dit nog vandag?

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #252928 by MommyMe
Replied by MommyMe on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene hoe was die fetal assessment toe gewees?

Twin angel baby girls born and went to heaven


File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #252911 by Andie
Replied by Andie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi julle

Ek post gou van my foon af. Jammer ek's so verskriklik skaars. My splinter nuwe kantoor-genoot het OOK alweer bedank so ek hanteer op die oomblik alweer die hele warehouse EN al 10 winkels op my eie. Dis verby hectic en ek is poot uit.

Wou darem net gou kom update dat ons vanoggend terug was by die fertiliteits spesialis vir 'n scan. Ongelukkig niks foto gekry nie, maar ons kon 'n perfekte bonsende (letterlik!!) babatjie sien. Dr sê sy geld is ook op blou, want die dingetjie is heeltemal te besig vir 'n dogtertjie. Mens sien net arms en bene waai en dit het sommer 2 bollemakiesies gedoen :woohoo: Absoluut freaking amazing om te weet hier is 'n kleine mensie hier binne.

Wag nou om te hoor van my gynae oor wanneer ek moet gaan vir die fetal assessment, want ons het mos nou gedink dis wat die fs sou gedoen het vandag. Toe nie!! :pinch:

Ek kom loer so gou as moontlik weer in.

Irene, sterkte met jou scan vanmiddag!!

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #252907 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Dankie Twinkle!

Myne is 2uur vanmiddag, voel of die tyd so stadig verby gaan. Wil net weet dat alles oukei is.

Sal laat weet hoe dit gegaan het!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #252906 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
IreneL geniet jou scan vanogend.... kom update dit is mos n baie spesiale scan vandag!!!

Weet daar is nog n dame wat vandag gaan maar dink vir die 8 weke! Geniet dit en kom update ook asb

Al die ander dames hoop dit gaan goed....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 1 week ago #252900 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek gaan Maandag vir die 13 weke scan.

MommyMe, dankie vir die info! Sommer opgewonde, hoop net als gaan goed, ek is vreeslik op my senuwees. Ek gaan na een by Panorama MediClinic, Dr Muller se praktyk maar ek weet nou nie wat die sonographer se naam is nie. My ginekoloog het my na haar of na die dokter by Louis Leipoldt in Boston verwys, maar ek kon nie betyds afspraak by die een by Louis Leipoldt kry nie, wat jammer is, want ek bly in Boston :)

Verder is ek net baie moeg vandag - ek werk by die Parlement en dalk het van julle op TV gesien hoe chaoties dit gister was! Ek was na 20:00 eers by die huis. Ek het ook freelance werk vir iemand gedoen wat nou skielik die bedrag wat ek hom gequote het betwis, en dit nou nadat ek reeds die werk gedoen het - so ek probeer maar hard om rustig en kalm te bly vandag.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account