Hallo dames
Lanklaas bietjie gesels. Ek was verlede week bietjie in die kaap gewees vir 'n kongres, saterdag besig met allerhande dingetjies by die huis en toe van Sondag af voel ek weer terrible. Wakker geword met 'n vreeslike hoofpyn wat net nie wou wyk nie, was toe bang dis dalk hoë bloeddruk, gaan toe gisteroggend vroeg dr toe, kyk na bloeddruk en uriene ens, alles normaal. Toe sê dr dit kan wees agv mens se lyf wat verander en dan gaan spiere in spasmas in wat dan hoofpyne kan veroorsaak. Ek word toe gestuur vir 'n vreeslike fisio sessie, dit was vrek eina - vandag sit ek nogsteeds met 'n hoofpyn, maar ook nou met 'n seer nek en baie seer rug ook.
Oraait, genoeg gekla, ek is baie dankbaar vir die wonderlike reën wat sedert gister in Pta val. Ek kan nie wag vir Vrydag se sonar nie, hooplik sal ons dan sien of dit pienk of blou gaan wees!
Ek kan nou nie alles onthou wat almal gesê het nie en my kop is te seer om weer te lees. Hoop almal het 'n heerlike dag!