More almal - 3xMom en LizeM, ek het nou darem bietjie kalmeer, dankie. Hahahaha. Dink dit was skielik net baie real toe ek sien waar die kind haar kop al ingedruk het, die dokter moes die sonar ding skoon basies onder my pantie in druk om haar kop te kon sien!

Haha, ai, so babatjie is op hierdie stadium regtig baie keen om normaal die wereld in te kom!
LizeM, weeg jou baba ook hierdie week soveel, of wanneer het sy soveel geweeg? Myne is nog so week agter die average maar sy tel konstant op so alles lyk normaal. Dr skat steeds haar gewig met geboorte op tussen 2,7kg en 3kg.
Ek gaan ook nou maar net go with it. Ek is nie iemand wat moet keuses he nie, haha, ek doen beter as ek iets net MOET doen oor ek nie n keuse het nie. Aan die een kant moet ek erken dis vir my opwindend om nie te weet wanneer sy kom nie (alhoewel dit net moeilik is om vir my ma te se wanneer sy verlof moet vat om te kom).
Ek het gister my eyebrows laat tint om beter te voel oor myself (haha - dit het nie gewerk nie, gaan nou maar afspraak maak om my hare ook te laat knip of iets!), en die meise wat dit vir my gedoen het se haar baba is binne 4ure gebore en dit was vir haar regtig nie so erg soos sy gedink het nie....so ek gaan nou maar vir myself se dis hoe dit vir my gaan wees
Verder het ek vreeslik baie goed by my skoonma en my ma gekry, ek wou Sondag en Maandag als klaar uitgepak het maar ek is net te moeg, helfte van die goed moet nog uitgesort word en uitgepak word. Ek moet nog babaklere was ook nog, maar ekt besluit ek gaan net n paar goedjies was, want mens weet nie rerig hoe groot hulle gaan wees nie, net nou wil ek goed omruil ens.