heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 6 months ago #258636 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!


more julle!

sjoe ek wonder of julle vandag dieselfde as ek voel oor dit Vrydag is!!

ek is paste, soos in lippe teen die klippe!! en het so baie om te doen.

ek het vandag die 30 weke geslaan!! en as my drome waar word het ek nog so 6 weke om te gaan, as my gevoel waar is nog 7! en 8w6d tot my keiser datum!! :woohoo:

ons is nou op dag 4 waar Armandt bly afdruk, dit voel of hy gaan uitval wanneer eke loop. sien maandag die dokter, sal haar vra om te kyk wat aangaan. hy moenie nou kom nie... eks nog nie reg met al sy goed nie :S

Ons gaan vannaand vir skoonpa in die hospitaal kuier, en dan die goed in ons kamer begin uitdra sodat ons more kan begin verf! ek so opgewonde daaroor. uiteindelik voel dit dat ek ook iets begin doen om klaar te kom voor die baba hier is!

by die werk lyk dit darem of ons ons eerste deadline sal maak met 'n paar dae spare (as alles goed gaan) dan is dit 'n maand voor die volgende en amper 2 tot die laaste. sal moet skouer aan die wiel sit!!

hoop julle daggie is awesome!!

:heart:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #258622 by LizeMari
Replied by LizeMari on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene,

Ek kan identifiseer. Ek voel ook nie myself nie, naar sommer weer terug en ek slaap omtrent nie........MOEG is nie die woord nie.

Wou al gister en vandag vra of ek nie maar vroeer kan huistoe gaan nie, maar dan doen ek dit nie. Kry warm gloede laat dit bars en ek voel net nie lekker nie, baie weird want ek kan nie presies se wat dit is of hoe ek voel nie. Dan voel ek sommer simpel ook oor ek nie verstaan hoekom ek so queezy voel nie! Moaning Mertle deluxe! Maar ek vat dit so uur vir uur tot ek kan huistoe gaan en dan sal ek daar verder moan en vroeg PROBEER slaap.


xxxxx sterkte vir julle
MORE IS VRYDAG! :silly: :blink: :woohoo:

<a href="lilypie.com/">lbdf.lilypie.com/TikiPic.php/3WGkPmT.jpg" width="60" height="80" border="0" alt="Lilypie - Personal picture" />lbdf.lilypie.com/3WGkp2.png" width="400" height="80" border="0" alt="Lilypie Pregnancy tickers" />

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #258612 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Jong, HBWoman! dis erg, en dit is van daardie very real drome! :cry:

ML vermoed dis omdat ek teveel birthing stories op TLC kyk... :P dat dit so 'n effek op my het. lol :blink:

ek het so rukkie terug 'n lysie gepost (dink op FB) wat my gynae gese het veilig is vir verkoues ens. ek kan onthou dit is toe haffie siekerig was. as jy dit nie kry nie of vergeet om more vir jou Dr te vra laat weet dan stuur ek dit vir jou! of post dit hier :)

dit is die laaste rukkie lekker koel hier ook. winter is op ons, en dit is awesome!! hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #258573 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Almal

#xmom, jy moet nou nie sulke goed droom nie. A moet nog vir n hele rukkie lekker broei.

By my hardloop dinge nog normaal, begin ook nou weer in my dood moeg fase ingaan en kry myself net nie om my take klaar te maak sodat ek eksamen kan skryf nie. Het meeste van my werk al oorhandig, so vat dinge darem rusitger so bietjie.

Babs was normaal weg hier laat middag en aand besig, sy het nou haar time zone verander en skop my elke oggend as ek by die werk is simpel dat ek nie kan sit soos sy op my blaas spring nie. Het darem more weer n scan dan sal ons nou sien op sy nog breach sit. Wil sommer by dok bevestig wat hy voorstel ek kan drink as ek siek raak met die simpel weer van ons. Weet nie meer of ek warm of koud kry nie. Maar geniet die koue vreeslik baie.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #258571 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ai jong, as jy nie lekker voel nie en daars nie veel om te doen nie, gaan huistoe. Daar is niks daarmee fout nie.

en jy mag maar voel soos 'n moaning mona :P ons almal het sulke dae! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #258569 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More julle,

sjoe ek voel baie vreemd en goor vanoggend. voel steeds of ek allergies is of iets, my oe brand en neus voel dik. verder voel ek net weird...ekt gisteraand maagkrampe gekry deur die nag, dit het my sommer wakker gemaak....kan nie agterkom wat dit is nie. Soos ek nou hier sit kry ek ook weer Braxon Hicks, bokant van my maag trek sommer so styf. Voel net generally super moeg en net nie lekker nie. Ek was mos eergister by die dokter so as iets fout was sou sy dit sekerlik opgetel het, ek dink ek voel maar net nie lekker nie. My nek is ook verslaap oor ek nie meer lekker kan le nie. Wonder of ek moet vra of ek eerder kan huis toe gaan so 11uur se kant....maar ek voel altyd te sleg om dit te doen (alhoewel ons hierdie week feitlik niks het om te doen nie want die Huis is nie in sitting nie).

Bleh! Voel soos 'n regte moaning mona!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #258566 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More more julle!!

hoop dit gaan goed vandag!

Dit is heerlik koud in Pretoria vandag (eintlik al van die naweek af)

vandag is ek lekker moeg, het nie goed geslaap nie en die pregnancy drome word nou hectic! Ek is nie normaalweg iemand wat droom nie.

Dit is nou die 4de keer wat ek droom dat Armandt vroeggebore gaan word. die eerste droom is hy gebore op 36 weke wat ok is.

Toe was daar 'n droop iewers voor my 20 weke waar ek droom hy is 'n miskraam (dit was net na Karlien van Jaarsveld se miskraam)

Dinsdag aand droom ek hy kom op 30 weke omdat hy nie groei nie, omdat daar nie plek is nie.

Gisteraand droom ek hy kom op 33 weke, omdat daar nie plek gaan wees ind ie hospitaal nie, en die enigste plek wat ek kon kry was iewers in 'n township spaza shop en nie eers 'n dokter om die keiser te doen nie, maar 'n blonde kop nurse, en dit was lewendig gedoen want daar is nie medisyne nie...

En dit is nou al dag 3 dat hy net bly afdruk, ek is nou op daai punt wat ek wil huil van die pyn. hy maak my regtig seer!

ons begin more of saterdag verf! so ek raak nou opgewonde ook. Nesting het my nou stewig beet!!

hoop julle het 'n awesome Donderdag!!
:heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account