Zettie, keiser is net scary omdat dit 'n groot operasie is.
Ek is deur twee, en belowe jou, die scaryste gedeelte vir beide van die twee vir my was die gedagte aan die operasie, wat toe nou nie so erg was nie.
wat gebeur is:
hulle stoot jou (soos met enige operasie) teater toe (nadat hulle jou geprep het in die kamer)
dan kom gesels die nakotiseur met jou oor die spinale blok. dit is nie seer nie, want hulle spuit jou dood voor hulle die blok insit. (ek is vrek bang vir inspuitings. so jy sien dit nie, hy se jou net dit is wat hy gaan doen) dan word jou onderlyf warm en is dadelik dood na die blok in is. dan laat le hulle jou. trek die skerms reg en poke jou om seker te maak jy voel geen pyn nie. hulle sny nie voor hulle 100% seker is jou onderlyf is dood nie. jy gaan nogsteeds voel dat hulle aan jou werk maar daar is absoluut geen pyn nie.
soos ek verstaan het hulle 5 minute om die baba uit te haal. die heeltyd gesels hulle met jou en hou jou kalm, so jy besef nie tyd gaan verby nie. dan skielik druk hulle jou op die maag en die baba "pop" uit en dan is dit verby.
jy word recovery kamer toe gestuur nadat jy baba gesien het en bietjie vasgehou het dan word hy/sy gemeet en geweeg. dan word pappa en baba broeikas toe gevat en bietjie suurstof gegee (sou pappa wou saam gaan).
as hulle tevrede is met jou bloeddruk en jou stats dan word jy uitgestoot na jou kamer en kry 'n morphine pack. party het dit nodig vir pyn, ek het nie pyn gehad nie. wat jy ook voor kan vra is 'n ice pack dit help ook vir die brand gevoel op die sny.
die belangrikste is om sodra die kateter uit is op te staan en te begin beweeg. vra hulle om jou te wys hoe om van die bed af te rol, jy gaan dit nodig he.
jou gevoel in jou bene behoort na 'n rukkie terug te wees dit voel soos wanneer jy jou arm of been dood gele het en pins & needles het. so weet jy die gevoel kom terug.
ek dink baie mense (wat deur 'n keiser is) maak dit erger as wat nodig is. dit is nie so erg nie, en as jy mooi luister na die verpleeg personeel, gaan dit baie pyn spaar.
belangrikste is om ML by jou te he. dit help vir die senuwees en die bang gevoel. belangrik dat hy ook geprep word en voorberei word op wat op hom wag

myne was baie nosy en wou kort kort gaan kyk wat die dr aanvang